Ondersoek ná twee in sweeftuig sterf

Argieffoto van 'n ASH25 Foto: alexander-schleicher.de

Argieffoto van ‘n ASH25 Foto: alexander-schleicher.de

ʼn Ondersoek is van stapel gestuur nadat twee Nieu-Seelanders in Namibië tydens ʼn sweeftuigongeluk gesterf het.

“Die ondersoek deur die departement van burgerlike lugvaart in die ministerie van vervoer en die polisie duur voort,” het Bernd Dolba van Kiripotib Flying, ʼn gastehuis wat in sweeftuigtoerisme spesialiseer, aan Sapa gesê. “Die oorsaak van die ongeluk is nog steeds nie bekend nie.”

ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat een van die vlerke afgebreek het.

William (Bill) Walker (66) van Queenstown en David Speight (77) van Arrowtown in Nieu-Seeland het Sondagmiddag in ʼn sweeftuig ASH-25-EB-28 gevlieg wat in Duitsland geregistreer is. Die ongeluk het op die plaas Neu Simmern, sowat 220 km suidoos van Windhoek en ongeveer 50 km van die plaas Kiripotib, waar Kiripotib Flying gebaseer is, plaasgevind.

“Die twee vlieëniers was baie ervare en die vliegtuig was in ʼn uitstekende toestand. Die weer was ook mooi,” het Dolba bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.