Oningeënte pa mag nie kinders sien

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

ʼn Kanadese pa wat weier om teen Covid-19 ingeënt te word, is tydelik verbied om sy drie kinders te besoek nadat ʼn regter bevind het dat hy ʼn gesondheidsrisiko vir sy kinders, veral sy immuun-onderdrukte dogter, inhou.

Regter Nathalie Godbout het dié uitspraak op 31 Januarie in New Brunswick gelewer nadat die ma van die kinders in Oktober verlede jaar aansoek gedoen het om die pa se bewaringsregte op te skort, berig CBC News.

Die ma en pa, wie se name nie genoem word nie, het in 2019 geskei en het gesamentlike toesig oor hul drie kinders. Die ma het egter verlede jaar daarop aangedring dat die kinders se pa verbied moet word om hulle te sien nadat sy vasgestel het dat hy en sy lewensmaat nie teen Covid-19 ingeënt is nie.

Die twee se tienjarige dogter ly aan ʼn bloedtoestand wat gespesialiseerde sorg vereis en haar veral vatbaar vir die virus maak.

Voor die verhoor het die pa reeds geweier dat sy kinders teen die koronavirus ingeënt word.

Godbout het gesê sy het die beslissing om die pa tydelik te verbied om sy kinder te sien met ʼn “swaar hart” geneem, maar dit is wel ʼn nodige stap om die kinders te beskerm.

Sy het bygevoeg dat die man se weiering om teen Covid-19 ingeënt te word, gevolge vir hom en sy kinders inhou en dat sy kinders “die bes moontlike kans gegun moet word om infeksie te ontduik”, berig The Globe and Mail.

Die pa is wel ʼn mate van kontak met sy kinders gegun, maar slegs deur middel van telefoniese of video-oproepe.

Indien hy ingeënt word, kan hy egter aansoek doen om die uitspraak te laat vaar.

Ingevolge die uitspraak word die kinders se ma ook nou toegelaat om haar kinders sonder die pa se toestemming teen die koronavirus te laat inent.

Godbout het dié besluit geneem nadat sy die pa se navorsing oor die Pfizer-Covid-19-entstof – wat hy glo sy dogter skade kan aandoen – van die hand gewys het.

“Hierdie navorsing word geensins op ʼn sinvolle wyse in sy beëdigde verklaring uiteengesit, behalwe vir sy bewering dat dit sy persoonlike keuse staaf en vanuit ‘geloofwaardige bronne’ gehaal is,” het Godbout geskryf.

Sy het bygevoeg dat sy soeke na eensydige inligting wat sy idees oor die entstof staaf moontlik daartoe kan lei dat hy hom blind hou vir bewyse wat die teendeel bewys.

“Sy eie anekdotiese navorsing oor sulke hoogs gespesialiseerde onderwerpe dra min tot geen gewig in hierdie geval as dit gemeet word aan die mediese raad wat openbare gesondheidsbeamptes deurgee nie.”

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) kan die Pfizer-entstof veilig aan mense van vyf jaar en ouer toegedien word, met kinders wat ʼn kleiner dosis as volwassenes ontvang. Kanada het reeds in November verlede jaar die gebruik van die Pfizer-entstof vir kinders tussen vyf en 11 jaar oud goedgekeur.

Die ma se prokureur, Grant Ogilvie, het sedert die uitspraak aan CBC gesê dat die drie kinders reeds hul eerste Covid-19-entstofdosisse ontvang het.

Volgens Ogilvie het die ma hierdie saak so ver gevoer sodat sy kan doen “wat die beste vir die kinders is”.

Hierdie jongste uitspraak volg kort nadat ʼn hooggeregshof in Quebec in Desember verlede jaar ook ʼn pa se reg om sy kind te sien tydelik opgeskort het. Dit is op grond van bewyse dat die man nie teen Covid-19-ingeënt is nie en skynbaar die regering se gesondheidsmaatreëls teenstaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Piet Snot ·

Polities korrekte regter.
Ek het beter van Kanada verwag.

Theo ·

Thom, moet die kinders dan nie ook uit hul ma se sorg verwyder word nie? Ek meen inge-ente mense kan ook die virus kry en versprei…

Anel ·

Hoe siek het die wêreld nie nou geword nie? Wat as die kind met die bloed probleem nou doodgaan? Wie se skuld gaan dit dan wees?

madels ·

Die trauma wat hierdie arme kinders nou moet deurgaan omdat hul nie hul pa mag sien nie is baie erg :-(.. Die feit dat die ouers geskei is wys nou net dat die ma veel groter issues het teen haar man as net die feit dat hy nie ingeënt is nie. Ek is so siek en sat vir die duiwelse manier hoe mense gedwing word om ingeënt te word. Dit gaan geensins oor gesondheid nie maar alles gaan oor die triljoene dollars wat gemaak word deur die inentings!!!!

MakersMark ·

Ongelukkig is die slagoffer mentaliteit altyd die terugval posisie. As die ouer ernstig is om die kinders te sien in ‘n veilige omgewing sal hy/sy ingeent word. Die staat sal nie ‘n bevel uitreik tot nadeel van ‘n kind nie. Die staat neem voogskap oor die kind as die ouers faal.

DJ ·

Die ma gaan in die toekoms met baie gewetens wroeginge sit as sien hoe sy haar kinders se gesondheid benadeel het

Waarnemer ·

MM hou ons asb op hoogte oor die toestand van die tiener….indien sy iets oorkom sal die gereg die ma aankla van moord of nie?

Marisa W ·

Maak nie vir my sin nie – of jy nou ge-ent is of nie, kan jy nog steeds die virus opdoen en versprei. Die enting is veronderstel om net jouself te beskerm teen erge simptome, dit beskerm nie die mense om jou nie. As die virus so ‘n groot risiko vir die tienjarige dogter inhou sou dit sin maak om haar dan af te sonder of te laat inspuit. Sy kan die virus net so maklik van haar Ma of sibbe opdoen self al is hulle ge-ent , of het hulle baie spesiale, tower-entstowwe in Kanada wat anders is as die wat in die res van die wereld geruik word?!

Dirk Mostert ·

Die skuldige regters gaan hulle beurt kry – by die Internasionale Kriminele Hof in Den Haag.

Toy ·

Ag dis nou belaglik, dit is net ‘n verskoning om die pa te weerhou om sy kinders te sien.

lodewyk ·

Die ou kan nog steeds Covid opdoen en versprei al is hy ingenet??-Kyk Kanada,Aus en NZ is nou besig om die hoender te pluk..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.