Onnie se man vas ná moord

Gabrielle Maina

ʼn Australiese onderwyseres wat verlede week in Kenia vermoor is, se man en nog ʼn verdagte is in hegtenis geneem in verband met haar moord.

Cunningham Suyinka, ʼn polisiewoordvoerder, het bevestig Cyrus Bernard Maina Ngunja en sy neef, John Njuguna Waithira is in verband met die moord op Gabrielle Maina in hegtenis geneem. Volgens Suyinka is Maina die hoofverdagte in die moord op sy vrou.

Gabrielle is Donderdag doodgeskiet terwyl sy huis toe gestap het in die welgestelde voorstad Karen in Nairobi. Die nadoodse ondersoek het bevind sy is in die nek geskiet.

Suyinka het gesê Gabrielle het glo voorheen ʼn klag by die polisie ingedien dat haar man haar dreig. Sy het ook ʼn interdik teen hom gekry. Die egpaar was besig om te skei.

ABC News in Australië berig Gabrielle het in 2015 na Kenia verhuis en dat sy ʼn onderwyser was by die Hillcrest Preparatory School in Karen. Sy het voorheen in Nieu-Suid-Wallis gewoon en skoolgehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

jaco ·

Het sy skool gegee of skool gehou? Sover ek weet is skool hou korrek. Vergewe my net as dít een woord moet wees

Mariné Lourens ·

Dagsê Jaco

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.