Onnie tronk toe ná verhouding met gestremde leerling

skool

Argieffoto

ʼn Onderwyseres van Australië is Donderdag tronkstraf opgelê nadat sy ʼn seksuele verhouding met ʼn verstandelik gestremde leerling gehad het.

Die 27-jarige spesiale onderrig-onderwyseres van Queensland het ʼn 14-jarige student in haar klas verlei waarna die twee 18 maande lank ʼn verhouding gehad het. Die onderwysers was 23 jaar oud toe die verhouding begin het.

Sy het skuld erken op sewe aanklagte teen haar, insluitend dié van ʼn seksuele verhouding met ʼn kind. Die hof het haar tot ses en ʼn half jaar tronkstraf gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Theresa ·

Dankie tog daar is lande wat nie jaaaaaaaaaaaaaaaaaare vat om ‘n beslissing te fel wanneer so daad gepleeg word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.