‘Ons gaan wen,’ sê Biden wyl Trump beloof om aan te hou veg

Joe Biden en Kamala Harris. (Foto: AP Photo/Andrew Harnik)

Die Demokraat Joe Biden is vol vertroue dat hy Amerika se volgende president is terwyl pres. Donald Trump gesê het hy sal nie sonder ’n geveg gaan lê nie.

“Die syfers sê vir ons … dit is ’n duidelike en oortuigende prentjie: ons gaan hierdie wedloop wen,” het Biden tydens ’n toespraak gesê en bygevoeg dat hy en Kamala Harris reeds met kenners vergader terwyl hulle vir die Withuis voorberei.

Stemme word steeds in ’n paar state getel en die uitslae in Pennsilvanië, Georgia, Arizona en Nevada sal bepaal wie die volgende Amerikaanse president is. In Georgia sal stemme intussen oorgetel word omdat die verskil tussen die kandidate so klein is. In Pennsilvanië is verkiesingsbeamptes deur die Amerikaanse hooggeregshof opdrag gegee om posstemme wat na Dinsdag se verkiesing opgedaag het eenkant te hou maar wel te tel.

Pres. Trump het intussen gesê hy glo Amerikaners verdien volle deursigtigheid rakende alle stemtellery en verkiesingsertifisering. “Dit is lankal nie meer oor ’n enkele verkiesing nie. Dit is oor die integriteit van ons hele verkiesingsproses,” het Trump in ’n kort verklaring gesê.

Donald Trump, president van die VSA. (Foto: Alex Brandon/AP)

“Ons het van die begin af gesê dat alle wettige stemme getel moet word en dat alle onwettige stemme nie getel moet word nie, maar tog het ons om elke draai weerstand van die Demokrate gekry rakende die basiese beginsel.

“Ons sal dié proses deur alle aspekte van die wet volg om te verseker dat Amerikaners vertroue in ons regering het. Ek sal nooit ophou veg vir julle en ons land nie.”

Biden is egter van mening dat Amerikaners vir hom ’n mandaat gegee het om die koronavirus-pandemie, die ekonomie, klimaatsverandering en sistemiese rassisme te pak. “Hulle het dit duidelik gemaak dat hulle wil hê die land moet bymekaarkom, nie voortgaan om uitmekaar te trek nie.” Hy het gesê hy hoop om Amerikaners Saterdag weer toe te spreek.

Indien Biden Pennsilvanië se 20 kieskollege-stemme kry, sal hy die 270 kieskollege-stemme hê wat hy nodig het om die presidentskap te wen. Biden sal ook wen as hy in twee van die drie ander sleutelstate die oorhand kry.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Andréas ·

Jy kan slegs weet jy het verloor sodra die “resies” finaal verby en wettig beslis is. Trump het beslis nie gedurende sy loopbaan êrens vroegtydig tou op gegooi nie…

Gawie ·

Trump het nog nooit die tou in sy hande gehad nie . . . . .

Keelvol ·

Nee, biden behoort nie in die withuis nie. Hy’s nie n bondgenoot of vriend van die blankes in Suid-Afrika. Daar is n video van in 1986 waarop hy dit self se. Hy beskou ons nie as deel van die land nie. Trump is die beter keuze.

SomeOne ·

1986, daar was baie tyd vir verandering, sy sienswyse kon al lankal verander het

Anoniem ·

Ek stem saam met jou Johan. Biden behoort nie in die withuis nie. Die demokrate weet dit ook. Hulle manier van dinge doen is om Biden voor te hou maar eintlik gaan ander mense vir hom voorsê en dan self agter die skerms regeer. Hou veral vir Obama dop. Trump het juis gesê dat Biden die demokrate se “puppet” is.

Human ·

Trumpetter! time is few, pak op, pak op die tjoekie se deure staan oop in afwagting vir jou.

Human ·

Belasting ontduiking “Bankfraud” en nog vele ander aanklagte waarvan die name nog bekend gemaak sal word. Sy Presidensieële onaantasbaarheid verval sodra hy nie meer President is, dan kan hy nie meer wegkruip agter sy amp.

Anton ·

Hy het seker al daai misdade gepleeg voordat hy President was. Hoekom was hy nie toe aangekla en toegesluit nie?

Andre ·

Pelosi het alles probeer. Gee kans tot verkiesing skelmstreke uitkom.

annie ·

Vir vier jaar kerm Hillary oor die uitslae toe Trump wen, maar hy mag nie kla nie. Sou die stemme teen Biden draai sal die ou oom blou moord skreeu. Hier is ‘n paar Afrikaanses wat darem lekker alle fopnuus soos boerewors verorber. Die 32 milj Latino’s sal gou die mure terug beklouter as hulle opgekommander word vir die army om nog ‘n ‘gruwel’, Rusland te takel. In plaas van die Trump-muur sal Soros se toring van Babel gebou word. ‘Enjoy’ ‘n uitsiglose/raslose/kultuurlose toekoms in die VSA!

Andre ·

Soos daar grappenderwys gesê word:
Covid-19, Biden-20, And jailed-21.
Polozi het hard probeer om Trump te “Indict”, ek hoop nie dit beteken omkeer en tronk toe vir die domokrate nie.

Gawie ·

Trump bly kla oor ‘wettige’ en ‘onwettige’ stemme. Lyk my volgens hom is al die stemme vir hom wettig en dié vir Biden onwettig.
Die man is en bly maar ‘n nar.

Andre ·

Wettige stembriewe het blykbaar watermerk op, die “copies” nie. En hoe is daar meer stemme as kiesers, net narre weet.

Erik ·

Ek is dankbaar ek hoef nie te gestem het nie. Kan jy jou voorstel… Meeste van ons droom van ‘n huisie by die see vir aftrede, maar Biden se vrou sal hul koffertjies moet begin pak. Hul aftree huisie is egter die Withuis. Was dit Suid-Afrika sou hulle die Withuis se naam ook moes verander het…

Hulle ouderdom is nie die probleem nie, maar hulle is die probleem. Trump is ‘n arrogante narsissis met bitter min empatie vir sekere mense, en Biden is in die begin fase (persoonlik dink ek dis al verder gevorderd) van demensie.

Jaco ·

Joe Biden en die Demokrate beskuldig Trump gedurig daarvan dat hy teen immigrasie is. So ek hoop dat, as Biden president word, hy Amerika se grense sommer WYD sal oopmaak sodat almal wat soontoe wil gaan, ek ook, sommer net daar kan instap sonder ‘n gesukkel. As die Demokrate hulle mooi liberale “holier than though houding” oor menseregte ten volle uitleef, behoort hulle in elk geval met skok te reageer oor hoe wit mense in SA behandel word.
Onthou net, selfs al regeer die liberale Demokrate ook Amerika, is dit steeds ‘n land SONDER:
Beurtkrag
Swak vuil staatshospitale
Swak onderwys waar leerders onderwysers mag aanrand
Regstellende aksie en BEE
Swak of geen munisipale dienslewering
Plaasaanvalle en plaasmoorde

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.