‘Ons kort veilige hawe,’ pleit skip met 800 migrante

Die Sea Watch 4-reddingskip wat verlede jaar 350 migrante gered en na Sisilië, Italië gebring het. (Foto: AFP / Thomas Lohnes)

ʼn NGO-skip met 800 migrante aan boord het vandeesweek by Italië gepleit om Vrydag aan hulle ʼn veilige hawe te bied.

Die skip poog om die Middellandse See oor te steek en het sy noodkreet op pad na die eiland Sisilië uitgestuur.

“In net 48 uur het ons bemanning meer as 800 mense gered. Onder die oorlewendes is kinders, swanger vroue en beseerde mense,” het die Duitse skip, Sea-Eye, getwiet.

“Vir almal se onthalwe moet die buitengewone situasie aan boord onmiddellik beëindig word. Ons het ’n veilige hawe nodig!”

Dit is nie in dié stadium duidelik waar die skip die migrante gered het nie. AFP berig egter dat meeste migrante uit Tunisië en Libië vlug.

Luciana Lamorgese, Italiaanse minister van binnelandse sake, het intussen die hulp van die Europese Unie ingeroep en gesê dis “onregverdig dat Italië alle nuwe aankomelinge moet huisves”.

Italië is een van die hoof toegangspunte tot Europa vir migrante uit Noord-Afrika, hoofsaaklik uit Libië en Tunisië, met tienduisende mense wat elke jaar die sentrale Middellandse See wil oorsteek.

Volgens statistieke van die ministerie van binnelandse sake het byna 55 000 migrante Italië vanjaar binnegekom, vergeleke met net minder as 30 000 verlede jaar.

Lamorgese het Donderdag met Didier Renders, die Europese justisiekommissaris, in Rome oor die jongste situasie vergader.

Sy meen dis onregverdig dat Italië elke keer migrante moet huisves, veral in die nadraai van die Covid-19-pandemie.

“Ons het sterk solidariteit van Europa nodig vir die herverdeling van migrante wat in Italië aanland,” het Lamorgese gesê.

Volgens Matteo Villa van die Italiaanse instituut vir internasionale politieke studies (ISPI) word migrante van Libië en Tunisië, maar ook Turkye, Griekeland en Albanië weens die Covid-19-pandemie, ekonomiese resessies en politieke onstabiliteit uit hul lande gedryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Nicolaas Hendrik ·

Tot hulle by n veilge hawe kom, dan is dit nie meer n veilige hawe nie

Plaaskind ·

Deesdae wil almal maak nes hulle wil – gaan terug waarvandaan julle kom.

annie ·

Twak. Duisende migrante vertel dieselfde storie. Italië se stede is ‘n warboel van mense en telkens sê die Pous met skaars 800 inwoners in sy eie staatjie, die Italianers moet nie lelik wees nie. Die EU gebruik haar mag om die martelaars her en der te pos na armer lidlande. Die V$A sit met dieselfde probleem. Ons land het onlangs geweier om van die vlugtelinge uit Afghanistan te neem omdat ons reeds oorloop van uitlanders uit Afrika.

Johan ·

Julle sal dit berou tot aan die einde van julle geslagte as julle daardie klomp daar laat afklim.

AW ·

Neem hulle terug na hulle Geboorte land!!

En ekke sal bly in SA ., en nie n las word of wees vir n ander land nie!!

Daniel ·

Europa se einde gaan kom as gevolg van al die migrante wat hulle daar toelaat

Anel ·

Hulle het hul bekke vol oor die blankes en die Westerse mense, maar dan “vlug” hulle daarheen. Daar aangeland verwag hulle om soos konings behandel te word ten gunste van die land se eie burgers!!! Stuur die lot terug na waar hulle vandaan kom! Gaan kyk hoe lyk dit in Europa van die lot en luister hoe ongelukkig is die burgers!!!

Harley Davidson ·

Hulle land is vernietig nou soek hulle veilige lande om dit ook te vernietig, die hele Afrika vasteland is n probleem vir die beskaafte wêreld.

Swartskaap ·

Maar steeds word geen wit immigrant uit suid afrika daar toegelaat nie.

Foefie ·

Ja wat het koning Dawid destyds gesê? Yahwe oordeel U my eerder want om in die hande van mense te moet val en genade te verwag… NEE.

Harley Davidson ·

Gaddafi het gesê die Muslims sal Europa oorneem sonder om ‘n skoot af te vuur en dit blyk die waarheid te wees.

Realis Thailand ·

Hier in Thailand trek die vloot die Royingas wat hier probeer land net diepsee toe en se vir hulle om aan te hou vaar
Malasia n Moslem land weier ook om hulle te ontvang en die eerste land waar hulle aanwal kan gaan is Indonesia
Die klomp in Italie moet hulle maar dieselfde doen
Hoekom ontwikkel hulle nie hulle eie lande maar bestee duisende dollar om na die lande te gaan wat hulle binne n week na hulle aankoms as rassiste uitkryt
Los aub my kommentaar

Janee ·

En wat van die klomp wat besig is om uit afrika te “verhuis na suid afrika? Ons sit met dieselfde dilemma…En dan ontvang hulle nog maandeliks elke “social grant” wat uit die, wat belasting moet betaal, se sakke kom…..

Hoekom ·

“Onder die oorlewendes is kinders, swanger vroue en beseerde mense.”

Daar is seker net een swanger vrou en 799 gesonde jong mans. Jy kan dit duidelik sien op die foto.

Beseerde mense sal nie die trek vanaf hulle tuislande tot by die middellandse see kan maak nie. Dit is bog wat hulle praat en hierdie duitse gemors skip en NGO bedrieg Italië en die Europese Unie….

Realis Thailand ·

Gaan kyk gerus op You Tube en sien die duisende wie trek na Europa en dan nog in die onderhoude vies is as die Europeers nie vir hulle help en hulle letterlik uitkryt
Daar is baie sulke videos
Hulle los hulle vrouens en kinders in hulle lande Mali , Eritree ens

Hoekom ·

Uit die foto kan jy ook afly dat hierdie mans nie afkomstig is vanaf Tunisië, Algerië, Turkye, Griekeland of Albanië nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.