‘Ons sal betogers op Mugabe loslaat as hy nié bedank’

Robert Mugabe

Christopher Mutsvangwa, leier van die Zimbabwiese oorlogsveterane, het Sondag gedreig om die skare op pres. Robert Mugabe “los te laat” as hy nié besluit om te bedank nie.

Mutsvangwa het aan die nuusdiens Reuters gesê hy sal die skare na die hoofstad ontbied en hulle sal “hul ding doen” indien Mugabe weier om nié ag te slaan op betogers se eise nie.

Die Zimbabwiese regerende party, Zanu PF, se komiteevergadering het vroeër Sondagoggend begin.

Volgens Mutsvangwa gaan Emmerson Mnangagwa, die voormalige adjunkpresident wat onlangs die trekpas gekry het, as president aangestel word. Die 93-jarige Mugabe se vrou, Grace, gaan glo ook van haar rol as leier van die Zanu-PF se vroueliga onthef word.

“Ons almal beoog om Mugabe [uit sy amp te onthef],” het Mutsvangwa op pad na die vergadering gesê. “Hy probeer om te onderhandel vir ʼn waardige uittrede, maar hy moet insien wat besig is om te gebeur.”

Meer inligting is nog nie bekend bekendgemaak nie. Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gert ·

Moet dit nie eerder lees:. ..indien Mugabe weier om ag te slaan….ipv. ..indien Mugabe weier om NIE ag te slaan?

Helene Heyns ·

Nee Gert, dit is reg soos dit is. Indien hy WEIER, dis waarop die klem gelê word, om ag te slaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.