Onseker toekoms vir Noord-Ierland ná Sinn Fein-oorwinning

Michelle O’Neill, leier van Sinn Fein (7 Mei 2022) (Foto: Paul Faith/AFP)

Noord-Ierland se leiers het Sondag onder druk gekom om in ʼn nuwe regering te verenig ná die Ierse nasionalistiese party Sinn Fein ʼn ongekende oorwinning in die verkiesing behaal het.

Sinn Fein, eens die politieke vleuel van die paramilitêre Ierse Republikeinse Leër (IRA), het genoeg setels in die afgewentelde wetgewer gewen om sy Noord-Ierlandse leier Michelle O’Neill as eerste minister aan te wys.

Die uitslag van Donderdag se verkiesing is grondverskuiwend, ʼn eeu ná Noord-Ierland as ʼn Protestantse gebied uitgekalwe is onder Britse heerskappy.

O’Neill sê die uitslag “lui ʼn nuwe era in” vir die verdeelde gebied en Sinn Fein sê hy wil ʼn referendum hê om Ierland binne vyf jaar te herenig.

Dit is egter slegs die Verenigde Koninkryk wat ʼn referendum kan toestaan, en Noord-Ierland-sekretaris Brandon Lewis het gesê die meerderheid kiesers ondersteun steeds die grondwetlike status quo.

Lewis het egter erken dat Sinn Fein se oorwinning “ʼn beduidende oomblik is vir Noord-Ierland”. Partyleiers sal Maandag in Belfast vergader vir verdere gesprekke.

“Ek dink dit is belangrik om vir almal te wys dat ons kan saamwerk, ongeag wie die eerste minister of adjunk- eerste minister is,” het hy aan BBC gesê. “Dit is waaroor demokrasie gaan.” Hy moedig leiers aan “om met mekaar saam te werk”.

Die Ierse en Amerikaanse regerings het Noord-Ierland se leiers ook gemaan om ʼn nuwe uitvoerende raad, wat die mag deel, te vorm kragtens ʼn 1998-vredesverdrag wat drie dekades se bloedvergieting beëindig het.

Die partye het 24 weke om hul verskille op te los of ʼn nuwe verkiesing sal gehou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Grassie ·

Die Iere hou van baklei. As Sinn Fein probeer om met die res van Ierland te verenig gaan die Katolieke en Protestante eersdaags weer aanmekaar spring soos van ouds.

Staal ·

Dit het hoog tyd geword dat Brittanje sy magsbeheptheid staak. Dit sal vir my ‘n vreugdevolle dag wees as Suid- en Noord- Ierland as die onafhanklike republiek van Ierland kan begin bestaan.
Staan sterk Sinn Fein!!!

Waarnemer ·

SA moet nou Noord Ierland se voorbeeld volg…n nuwe Nasionale party met blanke leiers…..
Wel,n man mag droom!!!

Wakkerslaper ·

Darem snaaks hoe die lewe werk… skeiding (maw apartheid) tussen Noord-Ierland en die Republiek van Ierland is heel OK en aanvaarbaar vir die res van die wêreld…. Net so die skeiding tussen Palestyn en Jood…. Maar die skeiding tussen die Republiek van Suid Afrika en die Tuislande was nooit OK nie…?

Sterkte Ierland, hoop julle kan verenig en terug kry wat aan julle behoort!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.