Onthoof oor hulle vir liefde trou

'n Betoging  teen sogenaamde "eremoorde".

‘n Betoging teen sogenaamde “eremoorde”.

‘n Jong pasgetroude paartjie is in die noordooste van Pakistan deur die vrou se familie vermoor.

CNN berig dat die egpaar, Sajjad Ahmed (26) en Muawia Bibi (18), op 18 Junie in ‘n hof getroud is ondanks haar familie se teenkanting teen die huwelik.
Die vrou se pa het die egpaar verlede week na Satrah in Punjab genooi waar hulle met hul aankoms deur die familie aangeval is.

Hulle is vasgemaak en onthoof. Die familielede het hulself intussen aan die polisie oorgegee.

Maroela Media het verlede week berig dat Farzana Praveen (25) deur haar familie gestenig is omdat sy nie met die man wat vir haar gekies is, getrou het nie. Volgens Pakistan se Menseregtekommissie is 869 vroue verlede jaar in Pakistan vermoor in sogenaamde “eremoorde”.

Volgens die Verenigde Nasies word sowat 5 000 vroue jaarliks deur familielede vermoor. Hulle word vermoor omdat hulle glo hul families in oneer bring deur te trou met mans wat nie vir hulle gekies is nie maar eerder vir liefde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Maritza ·

Vreeslik wreed…wonder waar is daai pa se liefde vir sy dogter om haar net so te laat “vermoor”. Wrede dinge gaan in die wereld aan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.