Onthoofding van Amerikaanse joernalis deur IS bevestig

James Foley in Aleppo, Sirië in Augustus 2012 Foto: Nicole Tung, Facebook

James Foley in Aleppo, Sirië in Augustus 2012 Foto: Nicole Tung, Facebook

Die Amerikaanse regering en familielede van die vryskut-fotojoernalis, James Foley (40), het bevestig dat ‘n video op YouTube wat sy onthoofding wys, eg is.

Die IS het bekend gemaak dat Foley onthoof is uit vergelding vir Amerikaanse bombardemente van IS-terroriste in Irak. Foley het op 22 November 2012 verdwyn terwyl hy deur Sirië gereis het, en niks is sedertdien van hom verneem nie. Voor hy onthoof is het hy, waarskynlik onder dwang, die lugaanvalle van die Amerikaners veroordeel, en die VSA as sy werklike moordenaars beskryf.

Sy ma het na die moord gesê sy was “nog nooit so trots op haar seun as nou nie,” en gesê hy het sy lewe opgeoffer om die lyding van die Siriese nasie aan die wêreld te toon.

Pres. Barack Obama, wat reeds oor die moord ingelig is, sal na verwagting binnekort ‘n aankondiging doen.

YouTube het die video verwyder, en die familie het ander webwerwe, wat ook die video gepubliseer het, versoek om dit te verwyder.

Bronne: AP, Belga, Los Angeles Times

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.