Ontmoet die eerste warmbloedige diepseevis…

Bioloog Owyn Snodgrass ondersoek 'n maanvis Foto: NOAA-visserye via CS Monitor

Bioloog Owyn Snodgrass ondersoek ‘n maanvis Foto: NOAA-visserye via CS Monitor

Onlangse navorsing op ’n diepseevis, die Opah, of maanvis (Lampris guttatus), het aan die lig gebring dat dié vis so ver bekend die enigste warmbloedige vis is. Die vis kan tot twee meter lank word.

Die vis word intern verwarm deur sy voorste vinne soos vlerke te klap. ’n Komplekse bloedvatstelsel verseker dat bloed wat deur die koue water wat deur die kiewe vloei afgekoel is, weer verwarm word.

Die maanvis kom in die diep water van Wes-Afrika en om Hawaii voor. Die vis is deel van die Lampriformes-familie. Dit is groot, stadigswemmende visse wat so min as moontlik energie gebruik. Die maanvis, daarenteen, kan weens sy warmbloedigheid vinnig swem wat hom ’n voordeel bo die visse gee wat op hom jag maak, of wat met hom om prooi meeding.

Die navorsers gaan nou ook navorsing op die suidelike maanvis (Lampris immaculatus) wat in kouer suidelike oseane voorkom doen om vas te stel of hulle ook warmbloedig is.

Die navorsing is Donderdag in Science (‘n subskripie-artikel) gepubliseer.

Bronne: LiveScience, Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.