Ontploffing op melkplaas eis 18 000 beeste

(Foto: Twitter)

Sowat 18 000 beeste het vandeesweek omgekom ná ’n “afgryslike” ontploffing en brand op ’n melkplaas in die Amerikaanse deelstaat Texas.

Die ontploffing en brand het Maandagaand by Southfork Dairy Farm naby die dorp Dimmitt plaasgevind.

Een plaaswerker is ná die voorval in die hospitaal opgeneem nadat hy aanvanklik in die kamp vasgekeer was.

“Dit was die ergste brand by beeskampe in Texas se geskiedenis en die ondersoek en opruiming kan geruime tyd duur,” sê Texas se landboukommissaris Sid Miller.

Brandbestryders en polisiebeamptes het hul Maandagaand na die plaas gehaas en met hul aankoms vasgestel dat een persoon in die kamp vasgekeer was. Die werknemer is bevry en vir mediese behandeling na ’n hospitaal in Lubbock gevlieg.

Miller sê die oorsaak van die ontploffing en brand is steeds onbekend.

“Sodra die oorsaak en feite van hierdie tragedie bekend is, sal ons seker maak dat die publiek ten volle ingelig is sodat tragedies soos hierdie in die toekoms vermy kan word,” sê Miller.

Sal Rivera, die sheriff van Castro County, vermoed egter ’n stelsel om mis uit die kampe te verwyder, het moontlik “oorverhit”.

Ook Rivera sê ’n ondersoek sal gedoen word om die presiese oorsaak van die ontploffing en brand te bepaal.

“Plase moet meer doen om diere te beskerm deur streng brandveiligheidsmaatreëls in te stel,” het die Animal Welfare Institute, een van die oudste liefdadigheidsorganisasies vir dierewelsyn in die Verenigde State, intussen getwiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Danie ·

Baie tragies. Met al die onverantwoordelikheid en versukkeldhede wat die klimaat aktiviste die laaste ruk aanvang wonder mens maar of hulle nie ‘n aandeel gehad het nie . Want blykbaar laat beeste mos ook metaangas vry. En dit is blykbaar net so erg soos fossielbrandstowwe….

Treurwilger ·

Nooit eers daaraan gedink nie.
Jy is heel waarskynlik reg, sal geensins verbaas wees nie.

Hendrik ·

Ek verstaan nie mooi wat julle bedoel nie – hoe het klimaatsaktiviste hierdie probleem veroorsaak?

Hendrik ·

Wat se aandeel dink jy het die klimaatsaktiviste aan die probleem? Ek verstaan nie mooi wat jy bedoel nie.

Andre ·

Eienaardig al die voedsel-verwante brande veral in die VSA. Hoeveelste nou-al?

TruthDealer ·

En trein ontsporings. Worse, trains carrying hazardous chemical loads, not just harmless stuff . There’s been quite a few of those too, lately. Amerikaners begin al te wonder wat de joos deesdae aan die gang is.

Miskruier ·

Ek bly eerder stil want ek is n “conspiracy theorists”

Gert ·

Definisie van “conspiracy theorist”: Iemand wat die waarheid weet voor die meeste ander mense.

TruthDealer ·

Nee, sê wat jy wil, altyd. Ek gee nie n jota of n tittel om as mense dink eks n conspiracy theorist nie. Moet nooit dat iemand jou sleg laat voel of jou mond snoer nie. As die meeste Suid Afrikaners maar geweet het wat en hoe hierdie wêreld regtig is en werk, het hul seker op n streep beroertes gekry. Die slapendes moet maar bly slaap.

Hendrik ·

Die treinontsporings is te wyte aan die verslapping van spoorwegregulaies deur die Trump-administrasie.

Cherokee ·

Ek wonder hoeveel plase besoek moet word in Suid Afrika, om 18.000 beeste te tel. Arme diere. So jammer vir hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.