Die vliegtuig, wat deur die Daallo-lugredery bedryf word, moes Dinsdag noodgedwonge ʼn noodlanding doen minute nadat dit van die Aden Adde- internasionale lughawe in Mogadishu, die hoofstad van Somalië, opgestyg het.
Die vlieënier het kort ná die voorval gesê hy vermoed die ontploffing is deur ʼn bom veroorsaak. ʼn Lugvaartkenner wat foto’s van die gat in die romp ondersoek het, het ook gesê die skade stem ooreen met ʼn ontploffingtoestel.
Twee mense het geringe beserings opgedoen en 74 passasiers en bemanningslede moes die vliegtuig ontruim nadat dit veilig geland het.
Somaliese lugvaartbeamptes het bevestig dat twee mense beseer is en een persoon vermis is ná die voorval. Volgens berigte het ooggetuies gesien hoe ʼn persoon by die gat in die vliegtuig “uitgesuig” is. Mohamed Hassan, ʼn polisiebeampte in die nabygeleë dorp Balad, het gesê die liggaam van ʼn bejaarde man is gevind wat moontlik uit die vliegtuig geval het. Balad is ongeveer 30 km van Mogadishu geleë.
Passasiers in die vliegtuig het beskryf hoe hulle ʼn harde ontploffing gehoor het voordat die vliegtuig met rook gevul is. Suurstofmaskers het uit die plafon geval en ʼn gat in die kant van die vliegtuig kon gesien word.
Indien die voorval wel deur ʼn bom veroorsaak is, het niemand nog daarvoor verantwoordelikheid aanvaar nie.
Die tereur aanvalle sal seker nie ophou nie. Jammer vir onskuldige slagoffer wat so moet ly. Vrede is ver altyd verlore.
Alles so onnodig…
Ek het eerste gedink: ek hoop dit was die ou wat die bom saam met sy handbagasie of aan sy lyf gedra het, wat uitgesuig is by die vliegtuig, maar toe lees ek van die bejaarde man wat dood gevind is en die vermoede dat dit hy is wat tot sy dood geval het. Bejaarde persoon = darem sekerlik nie die bomplanter/draer nie?
Karma, Ek hoop saam met jou, maar as ouens soos ISIS 12 jarige kinders gebruik vir selfmoord bomme, kan dit seker nie so vergesog wees as bejaardes ook kan gebruik word nie, ne?
Natuurlik n lighter wat ontplof het .Made in china
Vlieg
Nee wat nie gou weer nie