Ontploffings ruk deur Brussel-lughawe, -treinstasie

Rook borrel by die lughawe uit in Brussels, België. Foto: Daniela Schwarzer via AP

Rook borrel by die lughawe uit in Brussel, België. Foto: Daniela Schwarzer via AP

Twee ontploffings by ʼn lughawe en ʼn treinstasie het Brussel, die hoofstad van België, Dinsdag geruk.

Ten minste een mens is dood in die ontploffing in die vertreksaal van die Brussel-lughawe. Alle vlugte is gekanselleer, inkomende vliegtuie is herlei en België se terreurvlak is tot maksimum gestel.

Kort daarna is verskeie mense beseer in ʼn tweede ontploffing by die Brussel se metro-treinstasie naby die hoofkantoor van die Europese Unie. Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NATO) se hoofkantoor is ook in Brussel.

ʼn Polisiewoordvoerder het onmiddellik ná die ontploffings bevestig dat een mens dood is, maar dit is waarskynlik dat die dodetal sal styg. BBC het berig dat daar reeds 13 sterftes aangemeld is. Die ontploffings het plaasgevind tydens die besigste tyd by die lughawe en dik rookwolke het agterna by die gebou uitgeborrel.

Denise Brandt, ʼn Amerikaanse vrou, het aan Sky-televisienuus gesê sy het onmiddellik geweet dat die harde slag ʼn ontploffing was. “Ek kon die ontploffing in my lyf voel. Ons het net na mekaar gekyk en in die ander rigting beweeg, asof ons ʼn instink gehad het om weg te kom van die ontploffing af. Toe het ons gesien hoe mense huilend in ons rigting hardloop.”

Die ontploffings volg enkele dae nadat die hoofverdagte van die Parys-aanvalle, Salah Abdeslam, in Brussel in hegtenis geneem is.

Bly op hoogte met nuus wat op Twitter gedeel word (let asseblief daarop dat Maroela Media nie aanspreeklik gehou kan word vir die inligting wat in dié Twitter-voer gedeel word nie):

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Stefan ·

Hier kom dit nou. Dis maar wat sal gebeur as jy toelaat dat “vlugtelinge” jou land binnestroom in ‘n poging om polities korrek te wees.

Donovan ·

Hey kerels nie alle donker mense is sleg nie, daar is van hulle wat net so hard vir die evangelie baklei soos jy… soms wonder ek of van ons werklik besef wat ons Christenskap werklik beteken… dit behoort nie net aan jou die witman nie… Dit behoort aan almal wat Jesus as saligmaker en verlosser aan neem. Europa is in n krisis gedompel met die inval van vlugtelinge en nie almal is gekoppel aan ISIS of enige Islamietiese oorlog stryders nie… Daar het wel bokke tussen die skappe beland…. Dink daaraan hoeveel van daardie islam mense kan nou bevry word en Jesus aan neem as hulle God…

DWS ·

Ja – vervang een denke-virus met ‘n ander denke-virus en glo maar dis ‘n verbetering. Maar steeds bly die denke so beinvloed dat hulle nie sal besef hulle is nuttige idiote vir diegene wat die oorspronklike virus ontwerp het nie…

Sus ·

Nie alle donker mense is sleg nie – dis waar. Maar dat Europa nie kon sien die onbeheersde influks (meer 1000 per dag!!) gaan hulle aan die hakskeen hap nie….dít kan ek nie verstaan nie. Soos hulle aankom, is dit onmoontlik om beheer uit te oefen en dit was ‘n ope uitnodiging vir die terroriste om gemaklik saam te kom. Verseker ‘n lekker dik kweperlat! Te laat vir trane.

Doons ·

Donovan,hierdie het niks met Christene te doen nie,Belgie is en was nog altyd die liberale mag wat alles teen Christus beplan,hulle is ook van die groot belhamels wat Suid Afrika in ons huidige gemors gedompel het.Hulle word al Begiestan genoem omdat hulle hierdie booswigte huisves en beskerm,dis reg vir hulle wat met hulle gebeur.

m ·

Duidelik het hierdie mense problem want hierdie IS lot is baie wreed en gee nie om wat hulle doen of hoe hulle dit doen nie. Ons lewe ma in n baie omgekrapte wereld. Hulle sit met IS en ons sit met die rassisme probleem.

Jef ·

Mense het voor die verkiesing van een Europa gese nee ons wil nie een Europa wees nie, ons wil nie die Euro geld eenheid he nie, ons wil nie al die vlugtelinge hier he nie, a.s.b sluit al die grense af.
Wat het die regerings in Europa gedoen,die teenoorgestelde gedoen van wat die volk wou, daar is niks na die mense geluister nie, nou het dit gebeur nou loop hulle en piep.
Ek gee Europa nog hooguit 2 jaar dan val alles onder moslim beheer en niemand weet hoeveel moordenaars hier in Europa verblyf nie maar almal weet hulle is hier.

JB ·

Die Wes-Europeers vind dit gesellig om potensiele terroriste te akkommodeer. Hierdie klomp huigelaars en verligtes moet maar die moeilikheid hanteer wat nou na hulle kan toe kom. Nes Suid-Afrika, Zuma verdien….so verdien hul die gevolge van hul idiotiese besluite en redenasies.

Nic Grobler ·

Dit sal interessant wees om te sien hoe/of hierdie voorvalle die Engelse Brexit probleem gaan beinvloed.

jeannine ·

ek is baie skaam om te se ek is belg.
die politiek en veikligheid dienste het iets uit te le aan die gewone burger maar ja hulle mag en kan niks doen nie teen die vreemde daar in al die brusselse gemeentes waar al die vrot varkens sit want dan is ons belge rassist

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.