Ontsnapte Etosha-leeus doodgemaak

David Kambwa Sheehama by die twee leeus wat hy geskiet het   Foto: Facebook

Die sakeman David Kambwa Sheehama het bevestig dat drie leeus by sy pa se veepos in Omusati in Namibië doodgemaak is.

Hy het gesê die leeus het twee van sy pa se beeste by Uutsathima doodgemaak.

Ongandjera-boere het vroeër gesê vier leeus wat van die Etosha- nasionale park ontsnap het, het sedert verlede maand reeds meer as 20 beeste in Omutambomawe en Uutsathima doodgemaak.

Sheehama het die eerste leeu Sondag doodgemaak en die karkas Maandag by die Ongandjera-paleis ingehandig. Hy het Dinsdagoggend nog twee leeukarkasse by die paleis by Uukwandongo ingehandig. Een van die leeus is steeds op vrye voet.

Foto’s van ʼn laggende Sheehama m

et die karkasse van die twee leeus doen die ronde op sosiale media met teenstrydige menings, aangesien sommige persone met die boere simpatiseer wat beeste verloor het. Ander voel egter hy moes vir die ministerie van omgewingsake en toerisme gewag het om betrokke te raak.

Ongandjera-tradisie bepaal dat leeus, wat doodgemaak is, se pelse by die paleis ingedien moet word en die vleis aan die gemeenskap oorhandig word.

Die ministerie van omgewingsake en toerisme het gesê dit is onwettig om leeus op dié manier te jag en hulle sal ondersoek instel. “Die ministerie begryp dat die boere verliese gely het, maar ons veroordeel die jagtog,” het woordvoerder Romeo Muyunda gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

M'Lady ·

MET doen nie hulle werk nie. Dit is onaanvaarbaar dat daar so op leeus jag gemaak word. In elk geval waar moet hulle heen? Die mensdom moet drasties verminder en gou ook. Daar is minder as 20,000 wilde leeus in Afrika oor, waarvan net 3,000 mannetjies is. Brent Stapelkamp beywer hom daarvoor om leeus as n “national heritage species” te laat verklaar. Steun hom asseblief.

Lba ·

Hier is nog n geval van dirre wat met leeens moet boet vir swak mens like werk

Danie ·

Ag liewe aarde ek sou dieselfde gedoen het die goed geskiet het,om te wag vir die mense van natuur bearing gaan jy lank wag,hulle loop vry so wat soy gebeur het as dit ń mens was ek gaan die jag seisoen nog ń kameelperd ook skiet en wonder wat die mensdom daarvan gaan sê

Nico K ·

Ek het nog nooit van ‘n boer gehoor wat toelaat dat roofdiere hul vee vang nie. En in daardie wêreld is leeus ‘n probleem.

Ai ·

Hoekom die leeus doodmaak? Skiet die leeus met daai slaapmiddels en vat hulle terug na hul plek van bewaring.

Maar natuurlik is daar mos altyd mense wat die uitmoor van wilde diere sal goedpraat.

Liezel ·

@Danie, daar is ‘n spesiale plekkie in die hel bespreek vir mense soos jy, Jy gaan reguit, oop oë, sonder ompaadtjies reguit soontoe. Mag ‘n olifant jou vermorsel voor jy by daai arme kameelperd uitkom

marous ·

Waar is die “Cecil the Lion ” massas nou ewe skielik heen ?

Ada ·

Praat jy Marous! Die leeus kan met ‘n doofmiddel geskiet word en verplaas word na ‘n ander plek. Die man wat so staan en glimlag spreek boekdele oor hoe ingenome hy met homself is oor die dood van so ‘n pragdier. Laat ek eerder niks verder se nie. Ek gaan iets oorkom met die diere-moordenaars

Danie ·

Baie dankie Liezel maar ek lewe nog geen olifant in sight gewees nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.