Ontstoke bruid trou met huweliksgas

Argieffoto van 'n tradisionele Hindu-troue

Argieffoto van ‘n tradisionele Hindu-troue

Die trouseremonie in Indië was al goed op dreef toe die bruidegom ’n epileptiese aanval kry, en dokter toe geneem moes word.

Met sy terugkeer na die huweliksonthaal moes die verdwaasde man agterkom sy bruid is met een van die huweliksgaste getroud. Die bruid, Indira, was so boos vir haar gewese aanstaande, omdat hy haar nooit vooraf in kennis gestel het dat hy epileptiese aanvalle kry nie, dat sy net daar en dan besluit het die troue is van die baan.

Sy wou egter nie die gaste teleurstel nie, en besluit toe om met ’n kennis van haar swaer wat ’n gas op die troue was, af te haak. Die nuwe bruidegom, Harpal Singh, het terstond besluit hy val by die nuwe troureëlings in, berig die Times of India.

Die huweliksfees was in volle swang toe Jugal van die dokter terugkeer, en verneem sy bruid is met ’n ander getroud. Hierin had hy geen sinnigheid nie, en ’n reuse twis het ontstaan, gevolg deur ’n vuisgeveg tussen die gaste waartydens borde en lepels ook na mekaar geslinger is, en  wat daartoe gelei het dat die polisie ingeroep moes word.

Die twee families het egter besluit om die saak onderling te skik.

Bronne: De Standaard, Mirror, Times of India, The Blaze

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hannelie ·

Sou interessant wees om te weet wat toe tydens die skikking besluit is!

Eish! ·

Wat ‘n grap! Sy kon die aanstaande nie juis goed of lank genoeg geken het as sy dit nie geweet het nie.

Dink dit is eintlik ‘n baie geseende aanstaande gewees. Daar kon nie liefde gewees het nie. As daar was,,,,,,,,,,,,,, sou sy by hom in die hospital gewees het aan haar aanstande man se sy.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.