Ontstoke George Clooney gaan tydskrif dagvaar

George en Amal Clooney. Foto: Jordan Strauss/Invision/AP, File

Die Amerikaanse akteur George Clooney en sy vrou, Amal, het Saterdag gesê hy gaan ʼn Franse tydskrif dagvaar nadat dié tydskrif steelfoto’s van hul kinders geplaas het.

Die akteur het in ʼn verklaring gesê die steelfotograwe het uit hul pad gegaan om dié foto’s te neem, iets wat hy en sy vrou streng verbied het.

“Gedurende die laaste week het een van Voici se fotograwe oor ons heining geklouter, in die boom geklim en steelfoto’s van ons babas binne die huis geneem,” het hy gesê.

Die egpaar was by hul huis aan Lake Como, Italië, toe die foto’s geneem is.

“Let wel, die fotograwe, die agentskap én die tydskrif sal vervolg word. Dit is in die belang van ons kinders se veiligheid.”

Die tydskrif het intussen aangevoer die foto’s is op openbare aandrang geneem, en daarom ook nuuswaardig.

“Mense volg sy loopbaan al sedert die aanvang daarvan, en die geboorte van hul tweeling het talle gesprekke ontlok. Die foto’s stel nie sy kinders óf vrou in gevaar nie.”

George en Amal het in Junie vanjaar die eerste keer ouers geword. Hulle het nog geen foto’s van die kinders aan die media beskikbaar gestel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Colette Pretorius ·

Die paparazzi is ‘n klomp skuimbolle. Om wragtig oor iemand se heining te klim en steelfoto’s vanuit ‘n boom te neem is verby krimineel. Ja, George Clooney is “openbare besit”, maar sy kinders is nie. Ek is verby woedend.

Chris Ws ·

Ek hoop hy roer almal betrokke deeglik.Vir paparazzi het ek GEEN tyd nie.Hulle is erger as aasvoels!

Nico ·

As ek een in my erf vang sal hulle vir 3 maande nie fotos kan neem nie oe sal goed toe wees

Anti Libra ·

Ou Georgie is maar ‘n emosionele outjie. Hy het sy beroep self gekies, en nou kla hy oor goed wat hy moes voorsien het.
“Elke sport het sy beserings”…?

Lynette ·

Ek stem saam met Anti Libra – George Klooney is regte diva – hoekom sal foto’s v sy kinders kwansuis hul lewens in gevaar stel? Regtig? Hoekom het hy en sy vrou nie net die foto’s vrygestel na hul geboorte nie – dan sou die aanvraag na die foto’s BAIE MINDER gewees het – die feit dat hoe die kinders lyk, nog aan niemand bekend is nie, maak so n foto vir n steelfotograaf BAIE aanloklik want die EERSTE foto van die kinders sal baie dollars haal, NIE die tweede en derde nie –
dit gaan als oor EKSKLUSIWITEIT en dis wat maak dat Paparazzi tot sulke stappe oorgaan. GEORGE WEET DIT en dis waarom hulle nie fotos uitgereik het nie – dit gaan als oor publisiteit!! Terloops, ek weier om enige film van hom te kyk, die man dink net eenvoudig te veel van homself.

Toggie ·

Om ‘n hoë profiel lewe te lei is nie altyd plesier nie. Natuurlik stel sulke foto’s hul kinders se lewe in gevaar. Kan lei tot ontvoering ens. Maar net my mening…

Susan de Klerk ·

Daar is regtig mense wat geen belangstelling het in hoe sy kinders lyk nie. Hy en vroutjie het hierdie idee dat almal gaande is oor hulle. Nie so nie!!!

Anoniem ·

Anti Libra,
ek stem GLAD nie saam met jou nie. Het jy die artikel gelees – hoe het hy gekies dat iemand oortree deur in sy privaat tuin te klim oor die muur? Buitendien, dit is hy wat die akteur is, nie sy kinders nie, dis hy wat afgeneem moet word, nie die babas nie.

John ·

Die twee hou van publisiteit en ‘n dollar of twee is nie te versmaai nie.

Soesie ·

Melk hulle! Sulke fotograwe is niks anders as aasvoëls nie.

H ·

Dit gaan net mooi niks oor publisiteit nie. Sou enige een van julle dit sommer net so gelos het as iemant oor jou wooning se muur klim, in ‘n boom klim en fotos neem van jou kinders binne in jou huis? Ek dink nie so nie. Ek sou so persoon nie net dagvaar nie, Dit is hulle kinders en dit is hulle reg om te weerhou dat daar fotos geneem word van hulle kinders tot tyd en wyl hulle besluit wanneer fotos beskikbaargestel moet word.

Sarie ·

Elke persoon en egpaar en dit sluit George Clooney en sy vrou in, om hul kinders teen ongevraagde publisiteit te beskerm. Ek dink dit is skandelik van die fotograaf die wyse waarop hy te werk gegaan het. Ek steun hulle geheel en al in hul voornemende optrede. Ons leef in ‘n wereld waar daar feitlik daagliks rykmense se kinders ondervoer word vir ‘n losprys. Al wat hulle doen is om hul gesinslewe, hul kinders te beskerm. Sterkte

SARIE VAN HEERDEN ·

My beroep, wat dit ookal is en ek suksesvol daarin is maak dit nie dat ek dan openbare besit is nie. Niemand is openbare besit nie, en wat nog temeer sy gesin! Geen begrip van hoe mense se koppe dan werk nie en glo ek moet die skuldiges gestraf word. Dit is amper gelykstaande aan ontvoering!

Lynette ·

Ek is ook Lynette en wil net noem dat ek nie met die ander Lynette saamstem nie. Ek dink George is pragtig en hy het die reg om sy kinders uit die publieke oog tebhou as hy dit so verkies.

Theresa ·

Die fotograaf wat so ongenooid by eiendom ingaan, moet vervolg word ja. Misdaad. Dit moet nêrens in die wêreld geduld word dat enige mens sonder om uitgenooi te wees of om werk te moet doen, in jou erf op jou eiendom verskyn nie. Bog. Filmsterre het genoeg geld. grawe ‘n grag reg langs en rondom die plek met honger visse/krokodille in. Soos die foto’s geneem word, so eet die goedjies wat wag.

Werni ·

“Lake Como”? Dit sou seker erens in Engeland wees? Julle bedoel seker “Lago di Como” of “Como-meer”?

Henry 59 ·

Klim oor die muur? en daar is mense wat dink dis aanvaarbaar? Hoe sal jy voel as jou sekuriteit maatreels getoets word en die wereld gewys word hoe om jou kinders te ontvoer? Gee hulle hell George, mal oor jou werk……………..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.