Altesaam 292 krokodille op ʼn krokodilplaas is in Wes-Papoea in Indonesië deur ontstoke inwoners geslag nadat een van die inwoners deur ʼn krokodil doodgebyt is.
Die plaaslike nuuswebwerf Detik.com berig die man was Vrydag op soek na gras vir sy vee naby een van die krokodildamme toe die reptiel hom aangeval het.
Ná sy begrafnis Saterdag het honderde ontstoke plaaslike inwoners na die plaas opgeruk om die reptiele te slag.
Basar Manulang, hoof van die natuurbewaringsagentskap in Wes-Papoea, het gesê 292 krokodille is geslag.
Krokodille is ʼn beskermde spesie in Indonesië.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Maak net soos die Suid afrikaners als is altyd iemand anders se skuld en verwoes als voor die voet.
Malligheid wat sal dit aan die saak verbeter.
Inwoners slag 292 ontstoke krokodille/
Dis “overkill,” of iemand het ‘n groot skoen bestelling geplaas.
Ek verstaan nie… hoe gaan soek jy gras vir jou vee naby ‘n krokodildam waar die kanse 99% is dat jy deur een verskeur gaan word?? Partykeer wonder ek hoe haal sommige mense asem op hulle eie…