Ontstoke inwoners slag 292 krokodille

Argieffoto (Miniformat65, Pixabay)

Altesaam 292 krokodille op ʼn krokodilplaas is in Wes-Papoea in Indonesië deur ontstoke inwoners geslag nadat een van die inwoners deur ʼn krokodil doodgebyt is.

Die plaaslike nuuswebwerf Detik.com berig die man was Vrydag op soek na gras vir sy vee naby een van die krokodildamme toe die reptiel hom aangeval het.

Ná sy begrafnis Saterdag het honderde ontstoke plaaslike inwoners na die plaas opgeruk om die reptiele te slag.

Basar Manulang, hoof van die natuurbewaringsagentskap in Wes-Papoea, het gesê 292 krokodille is geslag.

Krokodille is ʼn beskermde spesie in Indonesië.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Eish ·

Maak net soos die Suid afrikaners als is altyd iemand anders se skuld en verwoes als voor die voet.

Valerie ·

Dis “overkill,” of iemand het ‘n groot skoen bestelling geplaas.

ES ·

Ek verstaan nie… hoe gaan soek jy gras vir jou vee naby ‘n krokodildam waar die kanse 99% is dat jy deur een verskeur gaan word?? Partykeer wonder ek hoe haal sommige mense asem op hulle eie…

Getalle beheer ·

Beteken beskermde spesie dalk dat daar OORBEVOLKTE getal kroks was? dws
mense lewens bedreig in normale gang
van bestaan.?
Kyk hoe baie en die skade en gevaar kan olifante
en bobies raak. Help nie jy beskerm dier ten koste
van menselewens nie, ons heers oor dier mdv dat
getalle reg bestuur word om nie uit te sterf, kla.

Lizl ·

Vraag 1: Weiveld op `n krokodil plaas? Vraag 2 : Hoekom is ek nie verbaas hulle krokkedille is `n bedreigde spesie? Indonesië… waar hul eie renosters ( sumatran renoster) ook uitgewis is en daar minder as 100 in die wereld oor is. Hierdie mense eet eenvoudig enige iets wat voorkom…!!!

Diefie ·

Die krokedille was eerste daar! Wat soek die mense in die krokedille se gebied. Die mensdom verwoes alles. Mag hulle in die tronk sit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.