Ontvoerde non by huis ná meer as vier jaar

Suster Gloria Cecilia Narvaez (Foto: Daniel Munoz, AFP)

ʼn Non van Colombië wat meer as vier jaar gelede saam met vyf ander mense, onder wie ʼn Suid-Afrikaner, deur djihadiste in Mali ontvoer en aangehou is, het Dinsdag na haar tuisland teruggekeer.

Suster Gloria Cecilia Narvaez (59) is op 7 Februarie 2017 in die suide van Mali naby die grens met Burkina Faso, waar sy as sendeling gewerk het, as gyselaar geneem.

Maroela Media het vroeër berig ʼn groep djihadiste het in 2017 ʼn video uitgereik as bewys dat ses gyselaars, onder wie die Suid-Afrikaner Stephen McGown, nog leef.

Die video is bekendgemaak kort voor die Franse president se aankoms in Mali vir ʼn teenterreurberaad. Die nuutgevormde groep, Nusrat al-Islam wal Muslimeen, het die video bekendgestel.

In die video kan McGown gesien word saam met suster Narvaez, Elliot Kenneth Arthur van Australië, Iulian Ghergut van Roemenië, Beatrice Stockly van Switserland en Sophie Petronin van Frankryk.

Narvaez is Woensdag deur ʼn groot groep nonne met ope arms by die lughawe in Bogota, Colombië, verwelkom.

Narvaez is reeds op 9 Oktober vrygelaat. Voordat sy na Colombië teruggekeer het, het sy pous Franciscus by die Vatikaan besoek.

Dié non se ma het in September verlede jaar gesterf in afwagting van haar dogter se vrylating.

Narvaez het teruggekeer na haar tuisland, wat self deur ontvoerings geteister is in ʼn konflik wat langer as ʼn halfeeu geduur het, en het haar uitgespreek oor die regte van slagoffers van ontvoering.

“Ek het gedink aan al die lyding waardeur mense gaan wanneer hulle ontvoer word – hier in Colombië, in die hele wêreld en ook daar in Mali,” sê Narvaez.

Ontvoerings is algemeen in Mali, vasgevang in onrus van sy eie, en veral in die middel van die land, wat ʼn broeikas van djihadistiese geweld is.

Sedert Maart 2012 is verskeie gebiede in die hande van groepe wat met Al-Kaïda verbind word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

EnoughSaid ·

Maar wat is die lot van haar mede gyselaars, die Suid Afrikaner ens?

Shakespeare ·

Islam, Isis, Djhihadiste, Al-Kaida is die grootste bedreiging vir die wêreld as jy van al hul wandade hoor en sien.

Johnny ·

Waarom moet alle fotos van mense altyd met doekies oor hulle gesigte wees? is dit ‘n manier om die bevolking gewoond te maak aan hierdie snert en die beeld uit te dra dat dit nou skielik “normaal” is?

Zombie ·

As jy probeer mooi kyk, sal jy sien dit is nie alle persone wat met maskers gefotografeer word nie. Die veralgemening is verspot verby.

Anonymouse ·

Uit die hele storie, is dit wat jou opgeval het?! Mensig maar die wereld het egosentries geraak. Die kans om Facebook “truths” te verpsrei is baie belangriker as enige empatie vir ‘n vrou wat vier jaar in aanhouding was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.