Ontvoerde VN-beamptes se lyke gevind

Zaida Catalan en Michael Sharp.

Die liggame van twee kenners van die Verenigde Nasies (VN), wat weke gelede in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) ontvoer is, is gevind.

BBC berig, Michael Sharp, ʼn Amerikaner en Zaida Catalan, ʼn Sweedse burger, is ontvoer terwyl hulle na die Kasai-provinsie op pad was om bewerings van mishandeling te ondersoek nadat plaaslike rebelle wapens opgeneem het. Minstens 40 polisiebeamptes wat onthoof is se liggame is die afgelope naweek in die gebied gevind.

Lambert Mende, ʼn regeringswoordvoerder van die DRK, het gesê die twee VN-werkers se liggame is in ʼn vlak graf gevind. Catalan is ook onthoof, maar Sharp se liggaam was ongeskonde. Betu Tshintela, Sharp en Catalan se tolk, se liggaam is ook in die gebied gevind.

Mende het vroeër gesê twee wit mense, of Europeërs, se liggame is gevind op die pad tussen Bukonde en Tshimbulu in Kasai. ʼn Ooggetuie het gesê die twee is deur die bekende Kamwina Nsapu-militia, wat hul slagoffers onthoof, ingewag. Die liggame is later as die van Sharp en Catalan geïdentifiseer.

Antonio Guterres, die VN se sekretaris-generaal, het in ʼn verklaring gesê Sharp en Catalan is dood in hul poging “om die oorsaak van die konflik en onsekerheid in die DRK te verstaan”.

“Die VN sal alles moontlik doen om te verseker dat geregtigheid geskied,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Peace ·

Nog ‘n Afrika land waarin witmense se lewens NIKS beteken nie. So jammer vir julle verlies en sterkte aan die gesinne en families van die vermoordes. Dit is verskriklik dat lande wat jare reeds ‘n DEMOKRASIE het en veronderstel is om veilig en vry te wees nog sulke onmenslike dade pleeg. RIV.

JB ·

Slagoffers van ‘n onnodige daad van geweld. Bly hulle is gevind. Die onsekerheid van ‘nie weet nie’ is erg op die families.

Donovan ·

Peace… jammer maar ek kan nie verstaan dat mense die heel tyd teen vel kleur vas kyk nie… wat van die soldate wat ook onthoof is en se liggame in die veld gekry is… daai is ook mense… net soos ons boere op die plase vermoor word net so word mense in die lokasies ook vermoor… Regtig man ons kan nie aanhou om die kleur kaart voor te gooi nie… crime is crime ongeag wat se kleur dit aan gedoen word…

Ouma ·

Ek stem 100% saam met jou Donavan. Moord word oor kleurgrense gepleeg. Niemand in hierdie land is veilig nie. In ‘n ander artikel vra Afriforum ons Suid Afrikaners om op 2 Mei op te ruk Voortrekker monument toe om te gaan luister na mense wat uit eie ondervinding in Zimbabawe gaan praat. As ons nie nou ons slap ruggrate reguit kry nie, gaan ons land lyk soos hierdie bogenoemde artikel. Ek gaan, al is dit net om te hoor hoe ek myself binne die wet kan verdedig.

My stem is ook by julle ·

My stem is ook by julle, ek voel ook die skeidslyn moet tussen beskaaf (hoe arm ookal) en onbeskaaf, maw almal teen kriminele en barbare wees. Hoe gouer dit ons almal se visie word en saamstaan, hoe beter sal dit gaan. Ons kan ‘n eenheid word en die gemors uitsorteer.

Donovan ·

Want natuur kyk vas in veskille. Daarom bly groepe afsonderlik alhoewel dit in dieselfde reservaat is.

Peace ·

Donovan hierdie artikel het spesifiek die foto van twee mense oor wie die artikel gaan, ek glo daar is ander artikels oor die onthoofde polisiemanne. So ja dit het oor die TWEE MENSE IN DIE FOTO gegaan, en hulle lewens het niks beteken nie, hulle was onskuldig, en is onthoof en gedood. Daar is nie so iets soos saamstaan in SA eers in eie geledere nie, wat nog te se saamstaan teenoor elemente wat openlik haatspraak en geweld pleeg? Ek se WEER die artikel het oor twee VN mense gegaan, so ja . hulle lewens was niks werd nie, hulle is ONSKULDIG hierby betrek, die polisiemanne was van die land en hulle het stemreg daar gehad. NIEMAND het gese hulle lewens was niks werd nie, en weereens is hulle KLEUR nie genoem nie DIS NET JY, ek het oor die twee WITMENSE op die foto gepraat DONOVAN, nie oor die polisiemanne wie onthoof is nie.

Stefaans ·

Ja Donavan, in daardie reservaat vreet die bokke nie die leeus nie.

Johannes Meintjes ·

Die grusaamheid en volgehoue wanregering in die DRK het ‘n baie lang geskiedenis. N.a.v. sendinguitreik kon ek inderdaad al rekords vind van Portugeuse slawehandel vanuit die DR Kongo (ou Belgiese Kongo) in die 1400s. Mensvretery kom nog in enkele areas daar voor, en toordokters regeer onbereikde villages. Wat die DRK egter ‘n “lekker plek” maak vanuit ‘n internasionale strategiese minerale uitbuiting oogpunt is dat dit ‘n groot landstreek is, moeilik bereikbaar is en moeilik begaanbaar is. Met sowat 450 etno-taalgroepe en swak ontwikkeling in die DRK is dit maklik om “rebelle” te werf en anargie te handhaaf terwyl minerale geplunder word. Paaie is dikwels onbegaanbaar of brandstof is nie beskikbaar nie. Meeste natuurlewe is al geplunder vir kos, soos wat rebelle ook al in Kisangani die dieretuin as hulle kosblik benut het. Die VN kon nog nooit regeringsorde bevorder nie, en wil moontlik ook nie. Lojaliteite daar is uiters vlugtig van aard. Geld praat, – groot. Lewens beteken niks. Die kerk bly weg omdat dit brutaal is. Dit is brutaal want die kerk bly weg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.