Ontwikkelingshulp in 2013 haal rekordvlakke

statsTerwyl ontwikkelingshulp wêreldwyd met 6,1% tot ‘n rekordbedrag van $134,8 miljard gestyg het, het ontwikkelingshulp aan Afrika suid van die Sahara met 4% afgeneem, aldus die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling.

Die VSA, met $31,5 miljard, het die ruimste bygedra. Die Verenigde Arabiese Emirate het sy bydrae met 376% verhoog, maar dit het byna alles na Egipte gegaan wat weens die politieke onstabiliteit in ‘n ernstige geldelike nood verkeer.

Die VN verwag van ryk lande om 0,7% van hul BNP aan ontwikkelingshulp beskikbaar te stel. Min lande kom egter hierby uit, en verskeie lande het dit egter so herstruktureer dat dit op beleggingshulp en vennootskappe neerkom, om te keer dat die geld in bodemlose putte verdwyn.

Sewentien van die 28 lidlande van die komitee wat bydraes lewer het hul bydraes verhoog. Gemiddeld is hul bydraes 0,3% van hul BNP, dus minder as die helfte van die teikenbydrae.

Die volledige mediaverklaring kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.