Ooreenkoms keer ‘Grexit’ vir nou

Alexis Tsipras. Foto: Facebook

Alexis Tsipras. Foto: Facebook

Die Europese onderhandelaars wat ’n ooreenkoms probeer bereik het om Griekeland se ekonomie te beredder, het pas laat weet dat ’n eenparige ooreenkoms wel met die Griekse regering bereik is.

Die Griekse regering het egter net drie dae tyd om die ooreenkoms, wat verskeie koersaanpassings insluit, deur die Griekse parlement te voer. Dit is onseker of dit wel weens verwagte teenstand moontlik sal wees.

Die pakket behels hulp ter waarde van tussen €82 en 86 miljard oor drie jaar aan Griekeland en sal ’n “Grexit”, Griekeland se uittrede uit die eurogebied, voorkom.

Die Grieke, op hul beurt, moet ’n fonds tot stand bring waarin die opbrengs van die verkoop van staatsbates gestort word, en waarmee die bestaande skuldlas verlig kan word. Griekeland moet ook dadelik BTW verhoog en pensioenhervormings toepas.

Die ooreenkoms is ná meer as 30 uur se onderhandelinge bereik.

Griekeland se eerste minister, Alexis Tsipras, het vroeër aangedui dat sy regering reeds ver afgewyk het van die beloftes aan die kiesers waardeur dit aan bewind gekom het.

Bronne: De Standaard, Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bruno Stef ·

Griekeland se kommuniste en loodswaaiers staan nou al vir n derde keer bakhand nader om met ander lande in Euro sone se swaar verdiende geld te ontvang. Asdit nie n duidelike boodskap aan die laasgenoemde stuur dat hulle gaan afvee aan SG ooreenkomste nie le die groot ontnugtering nog voor.Mens wonder net hoe die kommuniste verder vorentoe in SA die land en sy bronne gaan doodbloei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.