Oorlewende sê skip met 43 mense, duisende beeste het gesink

Die bemanningslid het sy arms in die lug geswaai om aandag te trek (Foto: AP)

Japanse reddingswerkers was Donderdag op soek na ’n skip met 42 bemanningslede wat glo in gure weer langs die kus gesink het. Die skip het lewende hawe vervoer.

ʼn Man wat Woensdag laataand uit die see gered is nadat ’n Japanse marine-toesigvliegtuig hom in ’n reddingsbaadjie in die water gewaar het, voer aan hy was ʼn bemanningslid en dat die skip gesink het. Hy het sy arms in die lug geswaai om die vliegtuig se aandag te trek.

Yuichiro Higashi, woordvoerder van die Japannese kuswag se streekhoofkwartier, sê die Filippynse bemanningslid was ongedeerd. Hy het aan die reddingswerkers gesê die skip het omgeslaan voordat dit gesink het.

Die skip het 5 800 beeste in die Oos-Chinese See vervoer toe dit vroeg Woensdag ’n noodoproep uitgestuur het. Daar kon egter nie dadelik vasgestel word wat fout was nie weens die stormagtige weer in die omgewing wat deur die tifoon Maysak veroorsaak is.

Reddingswerkers probeer die oorlewende uit die water trek (Foto: AP)

Die tifoon het sedertdien die gebied oorgesteek en die weer het tydens die soektog na die skip begin bedaar.

Die skip se ander bemanningslede sluit in 38 Filippyne, twee van Nieu-Seeland en nog twee van Australië.

Die skip word besit deur Gulf Navigation Holding in die Verenigde Arabiese Emirate. Die skip het middel Augustus die hawe van Napier in die noordooste van Nieu-Seeland verlaat en was onderweg na die hawe van Tangshan aan die oostelike kus van China.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Helene

Hartverskeurend! Arme beeste!

Lammarié

Ek kry die diere jammer.

Stofdonkie

Ek wonder net of die mense wat hierdie lees gesien het daar was mense ook aan boord, of tel die mense nie? Gee julle net om vir die beeste?

Termiet

En nou wil hulle duisende lewendige skape op ‘n skip laai.

Madels

Waar het die mensdom heen beweeg wanneer mense die diere meer jammer kry as wat hulle die arme 41 mense wat oorlede is se families wat nou in n verskriklike Rou gedompel is, jammer kry. Mag die Here hierdie families diep vertroos soos net Hy kan