Oorlog eis reeds 71 kinders

‘n Pa waak by sy sewejarige seun wie beseer is tydens ‘n aanval op ‘n hospitaal in Kharkiv. (Foto: Sergey BOBOK / AFP)

Minstens 71 kinders is dood en meer as 100 ander gewond sedert Russiese troepe Oekraïne twee weke gelede binnegeval het.

Dié dodetal is Donderdag aangekondig te midde van grootskaalse woede oor die onlangse bomaanval op ʼn kinderhospitaal in die beleërde stad Marioepol. Drie mense, onder wie ʼn jong meisie, het Woensdag in dié aanval omgekom.

Minstens 17 ander mense is beseer.

Wat ander voorvalle betref, is twee vroue en twee kinders dood toe ʼn bom Woensdagaand hul huis in Slobozhanske, ʼn dorpie in die oostelike Izium-streek, getref het.

In Malyn, in die westelike Zhytomyr-streek, is drie kinders en twee ander mense dood toe sewe huise in lugaanvalle vernietig is. In Irpin, nie ver van die hoofstad Kiëf af nie, is ʼn tienjarige meisie ernstig gewond. Sy veg tans om haar lewe in die hospitaal.

Een uit elke twee vlug uit Kiëf

Motors het twee weke gelede in rye op die snelweë van Kiëf gestaan soos mense uit die stad begin vlug het. [Foto: Getty Images via Twitter]

Dit het intussen bekend geword dat die helfte van die bevolking van Kiëf nou reeds uit dié stad gevlug het.

“Luidens ons inligting het een uit elke twee inwoners van Kiëf reeds die stad verlaat,” het die burgemeester, Vitali Klitschko, vroeër vandag gesê.

Vrese neem intussen toe dat die Oekraïense hoofstad – eens ʼn stad met ʼn bevolking van 3,5 miljoen – binnekort deur Russiese soldate omsingel sal word. Talle Russiese tenks staan in dié stadium net enkele kilometers noordoos van die stad.

Klitschko het egter dié soldate gewaarsku dat Kiëf nou ʼn vesting is. “Elke straat, elke gebou, elke beheerpunt is versterk.”

Sowat $100 miljard (ongeveer R15 biljoen, oftewel trillion) van Oekraïne se infrastruktuur, waaronder paaie, brûe en sakeondernemings, is die afgelope twee weke verwoes, het ʼn regeringsamptenaar in Kiëf Donderdag gesê.

“Ongeveer 50% van ons ondernemings bedryf nie nou sake nie en dié wat steeds voortgaan, bedryf dit nie 100% nie,” het Oleg Ustenko, hoof- ekonomiese raadgewer van Wolodimir Zelenski, die Oekraïense president, gesê.

“Die situasie in terme van ekonomiese groei gaan regtig baie neerdrukkend wees, selfs al word die oorlog dadelik beëindig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hannes

Oor die 69 mense wat dood is tydens die Sharpeville slagting (waar 7000 betogers die polisie met klippe bestook het) wil die ANC almal herhinder en “gal braak”. Hier word onskuldige kinders en mense vermoor en die SAKP ondersteun Rusland.
Die ANC bly buite stemming en neutraal.
Die ANC draai gereeld “die wind in hul seile”

melaney

Daar is absoluut NIKS wat hierdie daad regverdig nie. Ek huil saam met hulle.

Marius

Kommuniste is gewetenloos. Mense lewens en ekonomie is heel onder aan hul prioriteits lys.

Waarnemer

en putin leef te lekker in sy paleis…niemand wil die massa moordenaar gaan uit haal nie want hoekom…almal is bang vir sy plof koppe…..so be it…die begin van die einde is anyway naby so iemand kan maar netsowel ou plutin gaan uithaal.

Grassie

Ek wens uit die diepte van my hart hierdie slagting en vernedering van mense wil tot ‘n einde kom. Die probleem het reeds in Obama se tyd begin broei toe Biden, sy seun, Soros en die CIA in daardie land begin kwaad stook het. Amerika het begin aansien verloor in Europa terwyl die Russe se aansien gestyg het want dit was waar Europa hul olie, gas, steenkool en koring vandaan gekry het. Ek praat nie die Russe se menseslagting goed nie maar albei partye gaan nog eendag voor die Groot Regter rekenskap moet gee vir die onreg wat onskuldiges aangedoen… Lees meer »