Oorlogsveteraan brand los op PTSS-fasiliteit

‘n Werker by die fasiliteit word deur haar broer vertroos ná die voorval. Foto: AP Photo.

Drie vroue wat hul lewe daaraan gewy het om getraumatiseerde oorlogsveterane te help, is onder dié wat deur ʼn voormalige pasiënt en oorlogsveteraan in Kalifornië doodgeskiet is.

ʼn Dag lange beleg by The Pathway Home het Vrydagaand tot ʼn einde gekom met die ontdekking van vier liggame, onder wie dié van die skieter. Hy is as Albert Wong (36) geïdentifiseer en het tussen 2011 en 2012 diens gedoen in Afghanistan.

Ondersoekers probeer steeds bevestig waarom Wong losgebrand het op twee beamptes en ʼn sielkundige by The Pathway Home, ʼn niewinsgewende program vir lyers aan post-traumatiese stres by die huis vir veterane in die Napavallei.

Die slagoffers is as Christine Loeber (48), direkteur van die fasiliteit, Jennifer Golick (42), kliniese direkteur, en Jennifer Gonzales (29), kliniese sielkundige, geïdentifiseer.

Golick se skoonpa, Bob Golick, het in ʼn onderhoud gesê sy het Wong onlangs uit die program geskors.

The Pathway Home is op die kampus van die veteranesentrum wat na sowat 1 000 bejaardes en gestremde veterane omsien.

Wong het Vrydagoggend na die kampus gegaan en by ʼn afskeidspartytjie vir ʼn groep werknemers ingesluip.

Larry Kamer het aan Associated Press gesê sy vrou, Deveroux Smith, het hom gebel en gesê Wong het stilletjies die kamer ingesluip, sommige mense toegelaat om die vertrek te verlaat en ander gyselaar geneem.

Wong en die vroue se liggame is omstreeks 18:00 opgespoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ekke ·

Oorlog is soveel meer as die “toere”, “kampe” of “grensdiens” soos in die geval van die grensoorlog.
Ek twyfel of al die belangerike “puppet masters” in regerings wereldwyd al ooit gedink het watse invloed en verlammende nagevolge ‘n oorlog op ten minste 3 generasies van een weermaglid het.
Ek weet…

Maj Dad ·

Na veertig jaar is die nagmerries nog daar. (Darem minder)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.