Oorsaak van aktrise se dood bekend gemaak

Carrie Fisher (April 2011) Foto: AP Photo/Chris Pizzello, File

Die oorsaak van die aktrise Carrie Fisher se dood is bekend gemaak.

Die lykskouer het bevestig Fisher is dood weens slaapapnee en ʼn kombinasie van ander faktore, maar ondersoekbeamptes kon nie die presiese oorsaak bevestig nie.

Fisher was veral bekend vir haar rol as Leia Organa in die Star Wars-reeks.

Van die faktore wat tot Fisher se afsterwe bygedra het, was ʼn toename van vetweefsel in haar are, het die Los Angeles-lykskouer Vrydag in ʼn persverklaring bevestig. Volgens die verklaring het Fisher tekens getoon dat sy verskeie medikasie gebruik het, maar die ondersoek kon nie bevestig of dit tot haar afsterwe in Desember bygedra het nie.

Haar oorsaak van dood sal as “onbepaald” aangedui word, het die lykskouer gesê.

Die lykskouer het nie dadelik reageer op ʼn versoek vir bykomende besonderhede of ʼn volledige outopsieverslag beskikbaar gemaak sal word nie.

Slaapapnee is ʼn toestand waartydens ʼn persoon se asemhaling staak wanneer hulle slaap. Dit kan net vir ʼn kort rukkie wees of ʼn paar minute lank duur, volging inligting van die Nasionale Instituut vir Gesondheid.

Fisher (60) het op 23 Desember tydens ʼn internasionale vlug ʼn mediese noodgeval gehad en is vier dae later oorlede. Haar ma, die bekende aktrise Debbie Reynolds, is die volgende dag oorlede.

Die aktrises is saam by Forest Lawn-Hollywood Hills ter ruste gelê, ʼn begraafplaas waar verskeie bekendes begrawe is.

Carrie Fisher saam met Harrison Ford (links) en Mark Hamill uit ‘n toneel in die Star Wars-reeks

Fisher se broer, Todd Fisher, het gesê hy is nie verras deur die uitslag nie. Hy het gesê sy familie wou nie hê ʼn lykskouer moet sy sussie se dood ondersoek nie. “Dit is definitief nie nuus vir ons dat Carrie dwelmmiddels misbruik het nie,” het hy gesê. Hy het bygevoeg sy suster het ook omvattend oor haar dwelmgebruik geskryf en talle van die dwelmmiddels wat sy gebruik het, was medikasie wat deur dokters voorgeskryf is om haar geestelike toestand te verbeter.

Fisher het gesê sy was 13 jaar oud toe sy dagga begin rook het, het LSD op 21 begin gebruik en is met bipolêre gemoedsteuring gediagnoseer toe sy 24 jaar oud was. Sy is met elektroskokterapie en medikasie behandel.

“Ek is nie geskok dat ʼn deel van haar gesondheid deur dwelmmiddels geraak is nie,” het Todd bygevoeg. Hy het gesê sy suster se harttoestand is waarskynlik ook vererger deur haar rokery en die medisyne wat sy geneem het. “As jy wil weet wat tot haar dood gelei het, is dit alles.”

Hy het gesê dit is moeilik om dokters te beskuldig wat sy sussie behandel het, want hulle het haar probeer help. “Hulle het hul bes gedoen om haar geestelike toestand te verbeter. Hoe kan mens hulle beskuldig? Sonder dwelmmiddels sou ons haar waarskynlik lankal verloor het.”

Carrie Fisher het haar debuut gemaak in die 1975-fliek Shampoo teenoor Warren Beatty. Sy het ook in Austin Powers, The Blues Brothers, Charlie’s Angels, Hannah and her Sisters, Scream 3 en When Harry Met Sally verskyn.

Sy is weer as Leia Organa te sien in die agtste Star Wars-fliek, The Last Jedi, wat in Desember vrygestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ekke ·

100% Renier.
Voorskrif medikasie vir die behandeling van bipolere gemoedsteuring is NIE dwelmmiddels NIE.

Melt Olckers ·

Haar bydrae tot bewusmaking van bipolere gemoedsverteuring was baie groot. Sy het die beste gedoen wat sy kon.

Danie ·

Die siekste is nie ‘n verkoue of ‘n skrapie of iets wat maklik behandel kan word. Om die siekte behandel moet daar geredelik sterker tot baie sterk medikasie gebruik word. Sommige hiervan grens aan dwelmmiddels (gewoonte vormend). Gaan doen gerus navorsing in die verband (google/bing).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.