Oorsaak van Bob Saget se dood bekend

Bob Saget in 2019. (Foto: Chris Delmas/AFP)

Die Amerikaanse komediant en akteur Bob Saget, wat verlede maand skielik by ʼn hotel in Florida gesterf het, het weens koptrauma gesterf, het sy familie Woensdag in ʼn verklaring gesê.

Saget, geliefd vir sy rol in die treffer-reeks Full House in die 1980/90’s, is bewusteloos aangetref in die Ritz Carlton in Orlando. Hy was op ʼn toer en die omstandighede van die 65-jarige se afsterwe was vroeër onbekend.

“Die owerhede het bepaal hy het koptrauma opgedoen,” het sy familie gesê. “Hulle het bepaal sy agterkop het per ongeluk iets getref, hy het niks daarvan gedink nie en gaan slaap.” Hulle het bevestig geen dwelmmiddels of alkohol was betrokke nie.

Saget het rol van Danny Tanner in Full House vertolk – ʼn wewenaar met drie dogters, insluitend ʼn dogter wat afwisselend deur die tweeling Mary-Kate en Ashley Olsen gespeel is.

Die Olsens het ná sy afsterwe ʼn huldeblyk gelewer en gesê hy is die “mees geliefde, saggeaarde, vrygewige mens”.

Hy was ook suksesvol as komediant en was die stem op die CBS-reeks How I Met Your Mother. Hy was ook die aanbieder van America’s Funniest Home Videos in die vroeë jare van dié program.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nie Verbaas

Of is hy stilgemaak?

Mariaan

Klink nie vir my reg nie….something fishy????

AmY

Vreemd. As ek val, en my kop hard stamp, gaan ek beslis nie dadelik slaap nie. Ek sal eerder ‘n dokter of apteker bel en hulle raad vra.

madels

So iemand het hom van agteraf doodgeslaan? Want hoe op aarde kan jy jou agterkop so ERG stamp dat jy doodgaan daarvan en rustig gaan slaap? Dit maak glad nie sin nie