Oorsaak van kleuter in swaai se dood bekend

Argieffoto

Argieffoto

Die kleuter wat in ʼn speelpark in Maryland in die VSA gevind is waar sy ma steeds besig was om sy liggaam op ʼn swaai te stoot, se oorsaak van dood is bekend gemaak.

Maroela Media het vroeër berig die polisie is omstreeks 07:00 die oggend van 22 Mei na die speelpark ontbied nadat ʼn inwoner hulle meegedeel het dat die vrou die kind vir ʼn ongewone lang tydperk op die swaai stoot.

Volgens die Huffington Post het ʼn nadoodse ondersoek intussen bevestig dat die driejarige Ji’Aire Lee dood is nadat hy verkluim en ontwater het. Sy ma, Romechia Simms, het glo die oggend van 20 Mei om 11:15 by die speelpark opgedaag en haar kind twee dae lank in die swaai gestoot, waar hy uiteindelik dood is. Dit is nie duidelik hoe lank Ji’Aire dood was voor die polisie opgedaag het nie.

ʼn Polisiewoordvoerder het aan die Huffington Post gesê Simms is vir mediese waarneming gestuur omdat “dit gelyk het of sy nie ten volle bewus is van wat aangaan nie”. Simms is nie in hegtenis geneem nie, maar die saak sal voor ʼn jurie dien om te besluit of enigiemand vervolg sal word.

Ji-Aire, se pa, James Lee, het vroeër gesê hy was voor die voorval hof toe om aansoek om alleen-toesig oor sy kind te doen omdat hy geglo het Simms ly aan ʼn geestesversteuring. Hy wou gehad het sy moet hulp kry en het gevoel hy is “die beter ouer in daardie stadium”. Die hof het nie Lee se versoek toegestaan nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Peet Schabort ·

Dit skyn so al asof die hofamptenare nie behoorlik ondersoek ingestel het na die pa se aansoek om toesig.
Die hof moet dus hof toe gevat word ?

Ezette ·

Ja nee Beslis peet ai dit kon nou n onskuldige kindjie se lewe gered her. Ai dis so tragies. :(

Se maar net ·

Dit is duidelik daar is ‘n helse groot skroef los met die vrou.

Poppie ·

Ek wonder of die kleintjie nie al voor die tyd dood is nie, dat sy van die begin af die lykie geswaai het nie….

Liza ·

Ek stem saam, geen kleuter sal vir twee dae lank op swaai stil sit nie

annette duvenhage ·

Ek is geneig om saam met jou te stem Poppie. Duidelik het die owerhede nie hulle werk ordentlik gedoen nie en as gevolg van dit is daar nou ‘n kind wat moes boet.

Marinda ·

Ek verstaan nie hoe dit kan gebeur dat dit twee dae geneem het voor iemand besef het iets is nie pluis nie. Dit moet nogal opmerklik wees as iemand so lank die kleinding swaai. Ek dink ook die klein engeltjie was dalk alreeds oorlede, na n rukkie sou hy sekerlik gehuil het of probeer afklim? Veral as hy koud en honger was? Siestog…arme klein mensie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.