Oorsaak van ma, tweeling (5) se raaiseldood bekend

Celisa Henning en haar dogters, Makayla en Addison (Foto: Twitter via @cgousman)

Amerikaanse owerhede het Woensdagoggend gesê ʼn polisieondersoek duur steeds voort nadat ʼn 41-jarige ma en haar vyfjarige tweelingdogters van Chicago in die VSA Maandagmiddag dood in hul huis aangetref is.

Polisieowerhede van dié stad in Illinois het Woensdag bevestig die ma, Celisa Henning, en haar dogters, Makayla en Addison, is aan skietwonde in hul kop oorlede.

Henning en haar dogters is Maandagaand deur haar man dood in hul huis aangetref.

Die Amerikaanse nuuswebwerf CBS berig Celisa is dood ná ʼn enkele kopskoot terwyl albei haar dogters verskeie kere in die kop geskiet is.

Brian Benton, ʼn polisiewoordvoerder in Chicago, het gesê daar is in dié stadium nog nie meer inligting oor die voorval bekend nie.

Volgens CBS hanteer polisieowerhede in Chicago die voorval as ʼn moord-en-selfmoord-saak.

Dennis Henning, Celisa se skoonpa, het aan die Daily Southtown vertel dat sy seun glo die hele Maandag gesukkel het om sy vrou telefonies in die hande te kry voordat hy haar en hul kinders se liggame Maandagmiddag in ʼn badkamer in hul huis aangetref het.

“Dit is ʼn tragedie. Ek hoop en bid tot God dat hy hierdeur sal kom,” het Henning gesê.

Die egpaar was glo tien jaar lank getroud en hul kinders sou volgende jaar met skool begin het. Bure het die voorval intussen as raaiselagtig beskryf.

“As sy dit gedoen het, kan ek my nie die seer in haar hart voorstel nie,” het Joan Paul, die Hennings se buurvrou, gesê. “Daardie kinders was haar lewe gewees – sy was ʼn uitstekende ma.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Terence Dixon ·

Hartseer verby. My simpatie vir die agtergeblewenes. Ek bid dat die ma dit nie gedoen het nie.

Maar op ‘n ander onderwerp, hoekom berigte lewer oor Amerika terwyl Suid Afrika net sulke nuus, indien nie meer en slegter nuus as dit nie?

WillieN ·

Met ‘n van soos Henning, kom hulle nie dalk van SA af nie of miskien is hulle nog SA Burgers?

Gerhard ·

Dit is moontlik, maar Henning is ‘n algemende naam in redelik baie lande.

Marianne ·

Ons en Amerikaners se voorouers kom van dieselfde stamlande. Dus sal jy maklik Afrikaanse vanne daar vind. Ons het ook dieselfde genetiese siektes.

S A Burger ·

Die ma is dalk nie die skuldige nie . Maak seker voordat jy nonsens kwytraak.

Piet Pompies ·

Ma moet skuldig wees,kinders is meer as eenkeer in die kop geskiet want sy moes seker maak ,syt net een wond want mens kan jouself nie 4 keer skiet nie!!

Tienie ·

Watter tragedie – so mooi 3 gesiggies wat die lewe ontneem is . Bly vir my altyd ‘n raaisel hoekom so-iets gebeur en mense dit oor hulle hart kry om sulke pragtige kinders te vermoor – jonk en onskuldig

Andre van der bank. ·

She left a suicide note. She suffered of depression for a long time. How ?.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.