Oorsaak van sanger se dood bekend

Chris Cornell. Foto: Casey Curry/Invision/AP, File

Die sanger en liedjieskrywer Chris Cornell (52) het sy eie lewe geneem.

Cornell is Woensdagaand in Detroit, Michigan, in die VSA oorlede. Hy was die voorsanger van Soundgarden en later Audioslave.

Volgens ʼn mediese ondersoeker het Cornell sy lewe geneem deur homself in ’n hotelkamer te hang ná ’n vertoning deur Soundgarden.

Die polisie het vroeër gesê Cornell se vrou het ’n familievriend gebel en gevra om te gaan kyk waar hy is toe sy lyk gevind is. Cornell se liggaam is op die badkamervloer van die hotelkamer aangetref.

Brian Bumbery, Cornell se agent, het gesê Cornell se dood was “skielik en onverwags” en dat sy vrou en familie erg geskok is.

Cornelle het van 1984 tot 1997 vir Soundgarden gesing en weer van 2010 tot nou. Audioslave is in 2001 begin en het tot 2007 musiek gemaak. Cornell het tussenin ook op sy sololoopbaan gefokus.

Cornell laat ook drie kinders agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Elly ·

Bietjie confused. Hoe is oorsaak van dood vir eers onbekend as mens jouself hang? Tou? merke?
En as jy jouself dan nou gehang het, hoe het jy op die vloer gekom soos hulle hom gekry het en waarheen het die tou verdwyn?

Ai ·

Elly, n familie lid van my het haarself gehang en sy is gekry op haar kniee met haar japon se belt nog om haar nek. Die materiaal belt het gerek.

Variola ·

Chris Cornell is alombekend vir diegene wat van grunge musiek soos Nirvana en Pearljam hou. Be yourself van Audioslave is ook vrot gespeel op al wat n radiostasie is. So nee, nie net groot nuus in die VSA nie. Hy het duisende aanhangers in SA

LP ·

Nie almal van ons is soos julle onder n klip gebore nie, hy was n legende in rock musiek. N Robert Plant van die 90’s, maar weet seker ook nie wie hy is nie,nê?

Ai ·

Maak nie saak wat hy was nie. Dis waar hy nou is wat die vraag is en eks seker hy sou julle wat hom ophemel vir sy liedjies soos “Jesus Christ Pose” wou waarsku. En nee, dis nie n Christelike lied nie Maroela, inteendeel…. Vir n Christelike Web blad is dit verbasend dat julle nie toelaat dat mense die waarheid mag se nie.

Amanda Wait ·

LP…nie nodig om beledigend te wees nie. Niks met “onder ‘n klip gebore” te doen nie. Party van ons is baie kieskeurig waarvoor ons ons ore uitleen, soos ek! Nie almal is rock fans nie. Ek sien oral van die man in die nuus en ek het ook nog nooit van die ou gehoor nie en ek is op hoogte met die nuus. As mense net kan leer om ordentlik met mekaar te praat. ‘n Sagte antwoord weer die grimmigheid af.

Valerie ·

Ai; ja, waar hy nou is is al wat tel vir hom, maar die gemors en vieslikhede wat hy agtergelaat het spreek boekdele. Elke musikant wat sterf is mos noi een of ander held. Ek kom agter jy weet waarvan ek praat ivm die varkie Prince se lirieke ook en Glen Frey se “idols.” Dis net soos Cohen se “Hallelujah” song…absoluut niks goddeliks daarin nie, net die teenoorgestelde, maar almal sien net “Hallelujah” en word dan doof op die plek.

Waar hy nou is, kan hy nie verander nie; maar die van ons wat noh hier is, kan wel verander en ander help/lei om te verander.

Ai ·

Was hoofsanger van Soundgarden. Bekende liedjie was Black Hole Sun. Maar eks verbaas Maroela berig oor hom want hy het n lied geskryf wat erg laster. Ek wil nie eers die titel van die lied vir jou tik nie want die titel self is laster. Hy het die einste lied gesing in die konsert ure voor hy sy lewe geneem het.

Wern ·

Ek weet nie, maar hy het wel n hele klomp aanhangers hier gehad in die 90s en 2000s.

Valerie ·

‘n Legende? Nie eers naby nie. Hy was in dieselfde perverse klas as Prince as dit by ordentlike lirieke kom. Okay, Google maar die lirieke van “Big Dumb Sex” en laat ons weet hoe legendaries dit was/is. O, en moet dit nie hardop lees voor die kinders/ordentlike mense nie; hulle sal dink jy is versteurd.
Glo my nie? Gaan ondersoek dit maar self. Legende se voet.

Jo ·

Dit is hartseer. Nog ‘n verlore lewe. Ek weet nie of my kommentaar aanvaarbaar sal wees nie, maar ons ís werklik in ‘n geestelike oorlog gewikkel. Waar een onreine gees vastrapplek kry sal jy su vrinne ander ook vind. Demoon van dwelm-en drankmisbruik. Demoon van perversiteit, egbreek en losbandigheid. Demoon van haat, woede en laster. Demoon van verslawing. Demoon van oorlog. Demoon van die dood.

Jo ·

En laaste maar nie die minste nie: die demoon van liefdelose christenskap en godsdiens. Ja daar is so een ook. En waar hy is is sy onreine vrinne ook iewers, dit waarborg die bybel ons. Elke een van hierdie bring sy sewe onreine vrinne saam. Hoe weet mense dit tog as hulle ‘n “onskuldige” pil sluk, dagga rook, egbreek, rondslaap, pornografie kyk, hulle weet nie waarvoor hulle hulself ooplaat nie. Die onreine geeste betrek hulle uit die duisternis asof hulle ‘n vuurtoring in die nag is. O mense, julle moet versigtig trap, heilig probeer leef, “moenie aan dit raak wat onheilig is nie en Ek sal jou aanneem”, julle moet skoon leef want hulle is oral. Hulle wil jou vernietig op enige manier wat hulle kan, ook met selfmoord. Dankie dat julle my kommentaar aanvaar het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.