Oorsaak van vermiste seun (5) se dood bekend

Aramazd Andressian jr. se liggaam is gevind nadat hy op 22 April vermis geraak het. Foto: Facebook

Die 35-jarige Aramazd Andressian van Kalifornië in die VSA wat skuld beken het op die moord van sy vyfjarige seun, is Woensdag tot 25 jaar tronkstraf gevonnis.

Andressian het vroeër in ʼn Kaliforniese hooggeregshof erken dat hy sy seun, Aramazd Andressian jr., vermoor het te midde van ʼn voogskapstryd tussen hom en sy vervreemde vrou, Ana Estevez.

Andressian jr. het op 22 April vermis geraak nadat hy nie teruggekeer het van ʼn besoek aan sy pa nie. Maroela Media het vroeër berig Andressian is twee maande ná sy seun se verdwyning in hegtenis geneem omdat hy van die moord op sy seun verdink is. Hy het aanvanklik skuld op die aanklag ontken en beweer dat hy aangeval is omdat ʼn verbyganger hom vroeër bewusteloos en met kneuswonde in ʼn plaaslike parkie gekry het.

Andressian jr. se liggaam is op 2 Julie naby Lake Cachuma, net meer as 30 km noordwes van Santa Barbara, gevind.

Louie Aguilera, ʼn ondersoekbeampte in die saak, het Woensdag buite die hof gesê Andressian het sy seun in ʼn motor versmoor met die baadjie wat sy kind gedra het. Hy het daarna glo vir agt ure in die motor gesit voor hy die seun se liggaam in ʼn bebosde gebied naby Lake Cachuma begrawe het.

Aramazd Andressian en sy seun, Aramazd Andressian jr. (Foto: Facebook/ABC)

Hy is daarna na ʼn winkel om inkopies te doen en het huis toe gery waar hy sy eie lewe sou neem, maar hy het op pad terug van plan verander.

Volgens owerhede het hy in die hof gesê dat hy sy seun vermoor het om sy vrou terug te kry vir die egpaar se onstuimige egskeiding.

“Ek hoop jy herleef die beeld van hoe jy ons seun vermoor het elke dag van jou onbelangrike lewe,” het Estevez vroeër vandeesmaand tydens sy pleitverhoor gesê. “Daar is geen pyn meer oor nie. Nes my seun, het ek ook gesterf,” het sy aan die media gesê.

Ambrosio Rodriguez, Andressian se prokureur, het gesê hy het ʼn “diep, diep berou” oor wat gebeur het. Hy het gesê daar is nie woorde om die moord op sy seun te verdedig nie en dat Andressian volle verantwoordelikheid daarvoor neem.

Andressian het herhaaldelik geweier om met die media te praat, maar wel in ʼn paar gevalle genoem die moord “was nie beplan nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Amanda ·

Baie baie selfsugtige siek man. Hoe kan jy n kind verantwoordelik hou vir dit wat jy en jou vrou nie kan uitsorteer nie. So belaglik. Arme arme seuntjie se lewe het nog nie eers begin nie. Rus sag by Jesus jong man.

Klein Jane ·

Mens kan die intense hartseer op die mamma se gesig sien en aanvoel!!

Irene ·

Ja dit gebeur wanneer onopgevoede mense kinders gebruik om mekaar te wil vermaak

$ ·

Die foto van die seuntjie by pappa is só hartseer. Mens kan sien hy voel gelukkig en veilig by pappa – dis mos sy páppa! Hoe moes die klein kindjie ooit kon raai dat hy eintlik teen daardie selfde pappa beskerm moes word )-:

Veritas ·

As die situasie vir hom ondraaglik was, kon hy mos selfmoord gepleeg het. Vir die res van sy misrabele lewe sal hy met sy daad moet saamlewe. Lekker jou vark.

Nic ·

Dis hart verskeurend dat ‘n onskuldige seuntjie wat homself nie kan verdedig nie so aan sy einde moes kom, die pa sal vir die res van sy lewe met sy gewete moet saamleef as hy so iets het, mag hy die ergste in die tronk beleef.

Tina du Toit ·

Dis baie sleg. Ek huil so vir daai mamma se part. Hoe wreed kan jy wees om jou eie vlees en bloed te dood. Hoop daai sleg pa kry die slegste tyd agter trallies.

Shaldon Oosthuizen ·

Ek kry daai Mamma baie Jammer. Asook daai kind wat n slagoffer was deur sy eie Pa. Wat n siek mens. Daai kind het niks aan hom gedoen nie maar sy beurt kom in die tronk hy gaan vir die res van sy lewe wens dit was eerder sy eie lewe wat geneem was. Askies as dit kras is maar dis hoe ek voel. RIP Seuna. Speel lekker in die Hemel saam al die ander Engeltjies.

SNEL ·

Daai ding dat mense ander se foute so uitwys is presies daai doring in ander van ons se vlees. Een kan goed teken, een kan goed sinne skryf, verf, koekbak, met hul hande werk. Elkeen van ons is uniek, los die ou uit wat nie dinge doen soos jy nie, hulle doen iets anders dalk baie beter as wat jy kon droom om te doen.

My hart gaan uit na die mamma. Ergste van alles hy lyk na n dierbare pa , sou nooit kon dink as mens hom so op n foto sien dat hy tot so iets instaat is nie. So hartseer dat die pragtige ou seuntjie nou so uit die lewe geruk is.

Elize ·

Dit was die mooiste mensie . Hoe siek en selfsugtig moet ‘n mens nie wees om n onskuldige kind te vermoor nie.

NS: My gevoel is as mense op sosiale media wil kommentaar lewer, kan hulle maar gerus bietjie let op hulle spelling.

Bitterbek ·

Ons mag nie oordeel nie en ons mag nie haat nie, maar ons mag sekerlik wens dat mense wat hulle eie kinders (en ander) vermoor se herinneringe hulle oneindig treiter tot in lengte van dae.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.