Oorskot van vermiste bemanningslede gevind

Die USS. John. S. McCain. Foto: Royal Malaysian navy via AP.

Die oorskot van tien bemanningslede wat vermis geraak het nadat ’n Amerikaanse oorlogskip verlede week teen ’n olietenker gebots het, is gevind.

Maroela Media het vroeër berig die botsing tussen die USS John S. McCain en die handelskip Alnic MC het verlede week oos van Singapoer plaasgevind. Dit was die tweede voorval in twee maande waarby ’n oorlogskip van die Amerikaanse vloot betrokke is.

Vyf bemanningslede van die USS John S. McCain is in die botsing beseer en tien was ná die botsing vermis. Duikers het sedertdien in die onderwaterkompartemente van die skip na die oorskot van die bemanningslede gesoek.

Die slagoffers van die botsing tussen die twee skepe is Charles Nathan Findley (31), Abraham Lopez (39) Kevin Sayer Bushell (26), Jacob Daniel Drake (21), Timothy Thomas Eckels Jr. (23), Corey George Ingram (28), John Henry Hoagland III (20), Logan Stephen Palmer (23) en Kenneth Aaron Smith (22).

Die seeweg om Singapoer is een van die besigste in die wêreld.

Adjunk-admiraal Joseph Aucoin, die bevelvoerder van dié betrokke vloot, is afgedank ná ʼn reeks ongelukke die afgelope jaar wat vrae laat ontstaan het oor die vloot se bedrywighede. Aucoin sou volgens mediaberigte volgende maand aftree.

Die vloot het ook ʼn wêreldwye operasionele stilstand vir hul skepe van stapel gestuur “om veilige en doeltreffende bedrywighede” te verseker.

Die oorsaak van die botsing word steeds ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wonder maar net ·

Ek weet nie of ek stupid is of nie mooi lees nie. Maar waar is die bemanningslede gekry? Die artikel meld : “Duikers het sedertdien in die onderwaterkompartemente van die skip na die oorskot van die bemanningslede gesoek”….en thats that. Geen melding van waar hulle gevind is. In elk geval..dit is hartseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.