Oorskot wel die van vermoorde vrou se kêrel

Brian Laundrie (Foto: Moab City Police Department/AFP)

Die menslike oorskot wat in ʼn natuurreservaat in Florida gevind is, is die van Brian Laundrie, kêrel van die vermoorde Gabby Petito.

Volgens die FBI is Laundrie se oorskot met behulp van tandheelkundige rekords geïdentifiseer. Die owerhede het ’n soektog na Laundrie (23) van stapel gestuur nadat Petito (22) verdwyn het en haar oorskot middel September in ʼn nasionale woud in die deelstaat Wyoming gevind is. Sy is verwurg.

Laundrie en Petito het in Julie vanjaar met ʼn reis deur Amerika begin. Hulle het deurgaans foto’s en video’s van idilliese landskappe op sosiale media gedeel.

Petito se familie het egter in September onraad vermoed toe Laundrie alleen met die paartjie se kampeerwa teruggekeer het.

Laundrie het met sy tuiskoms in North Port, Florida, geweier om inligting aan die polisie te verskaf oor die twee se doen en late, waarna hy verdwyn het en ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik is.

Gabrielle Petito (Foto: Moab City Police Department/AFP)

Die polisie het weke lank na Laundrie gesoek voordat daar Woensdag op menslike oorskot en ander items in die Carlton-reservaat afgekom is.

Die FBI het geen inligting bekend gemaak oor die oorsaak van Laundrie se dood nie.

“Chris en Roberta Laundrie is ingelig dat die oorskot wat in die reservaat gevind is, die van Brian is,” het Steven Bertolino, regsverteenwoordiger vir die Laundrie-familie, in ’n verklaring gesê.

“Ons het geen verdere kommentaar nie en ons vra dat die Laundries se privaatheid gerespekteer word.”

Polisiebeamptes van Utah het in Augustus op ʼn voorval van gesinsgeweld gereageer waarby Petito en Laundrie betrokke was. Beeldmateriaal wat deur die betrokke beamptes geneem is, wys hoe Petito sê dat sy in ʼn onderonsie met Laundrie betrokke was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Aai

Iemand moes hulle vermoor het of hy is terug na toneel en sy eie lewe daar geneem?

Phillip

Te warm geword vir hom en maar sy eie lewe geneem . As om tronk toe tegaan of self die doodstraf tekry

Andre

Selfmoord?

Misky

‘n Mens se gewete is ‘n wonderlike ding. Dis nou vir sommiges wat wel ‘n gewete het.

twaalfboor

Hierdie video is op Youtube te sien.