Jeremy Clarkson se kontrak nie hernieu

Jeremy Clarkson. Foto: Top Gear/Facebook

Jeremy Clarkson. Foto: Top Gear/Facebook

Die BBC het bevestig dat Top Gear-aanbieder Jeremy Clarkson se kontrak nie hernieu gaan word nie nadat hy en ʼn vervaardiger van die program glo in ʼn fisiese onderonsie betrokke was.

Volgens BBC het sy direkteur-generaal, Tony Hall, gesê die besluit is nie ligtelik geneem nie. Clarkson is op 10 Maart geskors. Hy en Oisin Tymon, ‘n vervaardiger van Top Gear, was glo die vorige dag in ʼn fisiese onderonsie betrokke omdat daar glo nie kos was vir Clarkson ná die dag se verfilming nie.

Die besluit om Clarkson te skors het tot groot ontsteltenis onder Top Gear-aanhangers gelei en meer as ʼn miljoen mense het ʼn petisie onderteken vir sy heraanstelling. Top Gear, een van BBC2 se gewildste programme, sal na verwagting voortgaan. Daar is egter nog geen duidelikheid of  Clarkson se mede-aanbieders, James May en Richard Hammond, sal aanbly nie.

Top Gear het ʼn geskatte gehoor van 350 miljoen mense wêreldwyd. Dié uiters gewilde motorprogram het in 1977 op BBC Midlands begin. Die program hou die wêreldrekord vir die nie-fiksie program wat die meeste kere nóg in die wêreld gekyk is. Meer as 14 miljoen mense hou van Top Gear op Facebook en meer as ʼn miljoen mense volg die program op Twitter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

SNEL ·

Ek stem, n pyn en sy taal is soms vreeslik. Glo hulle kykertal sal nou klim meer as tevore.

Kerrie Briekstreep Vlamskiet ·

Wonder wat se gemors nog op die “telly” is dat hierdie sotlike program nou uitstaan tussen die mis-hope…die tv hou die “sheeple” se aandag afgetrek van die belangrike dinge wat aan die gebeur is in die wereld…hoekom hoor niemand van die “UN” wat wereld-wyd gereed maak vir die “Marshall-Law” toestand wat verklaar gaan word nie..dan die “Hoax Alien Invasion” om die wereld-nasies en gelowe te verenig..welkom by die “Nuwe Wereld Orde”….kan julle die druk-gang al voel?.

zahn ·

More, jou naam verduidelik jou deurmekaar kommentaar. I sjy seker jy borsel tande as jy voor jou hangkas staan? Tag, kêrel, of dame, jy eet te veel kunsmis.

Griet ·

…of rook te veel kunsmis…..

As jy nie van TG hou nie, moenie kyk nie. Jeremy is soms soos ‘n irriterende kind, maar dit is/was sy rol in die driemanskap.

Cathy Loots ·

Ek dink hy is maar n bietjie van n windbol maar ek sou ook so wees as 350 miljoen mense van my hou. Hierdie klakouse het nie eers n man of vrou wat van hulle hou gewoonlik nie is nydig en jaloers. Basta met kla alewig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.