Op pad na Mars: Hier is die SA’ners

'n Kunstenaarsvoorstelling van die kolonie op Mars (Grafika: Mars One)

‘n Kunstenaarsvoorstelling van die kolonie op Mars (Grafika: Mars One)

Meer as 200 000 mense van dwarsoor die wêreld het aansoek gedoen, en nou is die name bekend gemaak van die 100 persone wat deurdring na die volgende ronde om ʼn enkelkaartjie na Mars te ontvang.

Mars One, die niewinsgewende stigting wat die projek reël, het binne die eerste ronde in 2013 die groep uitgedun tot 1 000, en daarna 660 persone. Ná aanlynonderhoude met die mediese direkteur Norbert Kraft, is die groep van 100 persone aangewys wat deurdring na die volgende ronde.

“Ons is beïndruk met die hoeveelheid sterk kandidate wat aan die onderhoudronde deelgeneem het. Dit het die besluit baie moeilik gemaak,” het Kraft gesê.

Daar is 50 mans en 50 vroue, waarvan 39 van die Amerikas af kom, 31 van Europa, 16 van Asië, sewe van Afrika en sewe van Oseanië. Klik hier om die volledige lys te sien.

Hierdie groep van 100 kandidate moet nou in die volgende ronde wys dat hulle die moeilike omstandighede op Mars sal kan deurstaan en of hulle in ʼn groep kan saamwerk. Indien hulle nie kwalifiseer nie, sal van die vorige kandidate weer die geleentheid kry om aansoek te doen.

Die groep word dan uitgedun tot 50 en dan word die finale 24 persone aangewys. Die uiteindelike Mars One-groep sal in 2025 op Mars land. Klik hier om meer te lees.

Hiermee die lys van Suid-Afrikaners (klik telkens op die skakel om die persoon se video te sien en meer te lees oor die persoon):
Adriana Marais (31), van Durban, ʼn teoretiese fisikus wat navorsing doen in kwantumbiologie
Alexandra Doyle (29), ʼn regsgegradueerde wat tans in Rutland in Engeland bly
Divashen Govender (23), ʼn B.Sc-student van Durban
Edwin Samuel le Grange (21) van Lephalale (Ellisras) wat belangstel in diere en oorlewing en wat graag messe en swaarde maak
Kobus Vermeulen (31), ʼn besigheidsintelligensie-ontwikkelaar van Pretoria

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Drieks ·

Om na so ‘n droé planeet te gaan, nee dankie. Maar ek sal jul elke tree daar wil volg…..

Grotman ·

Daar is vout met die lys!… Zuma, Malema en Winnie word nie genoem nie en ek weet verseker dat hulle op die een rigting trip Mars toe moet wees!! Stel die saak asb dadelik reg verdomp.

Nico ·

Stuur vir Shabir Shaik ook – hy is duidelik gesond genoeg om die rit te oorleef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.