Opblaaskrokodil “aangekeer”

Argieffoto

Argieffoto

Britse polisiebeamptes wat Woensdag ontbied is om ʼn krokodil in Plymouth aan te keer, het uiteindelik ʼn 1 meter lange opblaasplastiek-krokodil opgespoor.

“Ons kan bevestig dit was net ʼn opblaasspeelding,” het Bill Pascoe, woordvoerder vir Devon en Cornwall-polisie, gesê.

“Ons het hom aangekeer en hy is nou in veilige bewaring,” het Pascoe geskerts.

Die polisie het reageer ná ʼn noodoproep van ʼn vrou wat aangevoer het daar is ʼn krokodil in haar tuin. Veeartse en natuurbewaarders is ook na die toneel ontbied gewapen met nette, stokke en skilde.

“Die polisie het dapper ondersoek ingestel en die ander beamptes was uiteindelik nie nodig nie,” het Pascoe bygevoeg. “Die oproep was eg. Die vrou was inderdaad besorg oor haar eie en haar driejarige kind se veiligheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

scalla ·

hulle het hom seker geslaan tot hy erken hy is n akkedis….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.