Openbare Paasfeesvieringe by Vatikaan gekanselleer

Pous Franciskus (Junie 2018) (Foto: Riccardo De Luca, AP)

Pous Franciskus sal nie enige openbare vieringe van Paasfees lei nie weens die uitbreking van die koronavirus, het die Vatikaan Sondag gesê – ʼn ongekende besluit in die moderne tyd.

“Alle liturgiese vieringe van die Heilige Week sal plaasvind sonder die fisieke teenwoordigheid van die pous,” lui ʼn verklaring van die prefektuur van die pontifikale huis.

Die vieringe sal steeds plaasvind, maar op maniere wat nog bepaal sal word kragtens die maatreëls om die oordraagbaarheid van die virus te beperk, het Matteo Bruni, woordvoerder vir die Vatikaan, gesê.

Paassondag (Opstandingsdag) vind vanjaar op 12 April plaas en is die belangrikste datum op die Christelike kalender. Verskeie seremonies vind gewoonlik in Vatikaan plaas, die sogenaamde “Heilige Week”.

Alle kerkdienste is reeds in Italië opgeskort en daar is berigte dat priesters die misdiens gelei het via Instagram of in die strate rondgery het en gebede oor luidsprekers uitgesaai het.

Daar was in Februarie kommer oor die 83-jarige pous se gesondheid, toe hy ʼn verkoue onder lede gehad het net toe Covid-19 in Italië uitgebreek het. Die Vatikaan het nooit berigte bevestig dat hy vir die koronavirus getoets is en ʼn negatiewe uitslag gekry het nie, maar dit wil voorkom of die pous se gesondheid intussen verbeter het.

Meer as 21 000 gevalle van die nuwe koronavirus (Covid-19) is teen Saterdag in Italië aangemeld met 1 441 sterftes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

koos10 ·

Seker nie fout met sy geloof nie, maar dink net aan die duisende wat die diens bywoon en wie se geloof nie is soos dit moet wees nie. Sy besluit noem ek kennis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.