Opgradering aan omstrede Boeing afgehandel

‘n 737 Max 8 by Boeing se monteeraanleg in Renton, Washington. Foto: (AP Photo/Ted S. Warren)

Die vliegtuigvervaardiger Boeing sê die sagteware-opgradering aan sy 737 Boeing Max-vliegtuie is afgehandel.

Altesame 207 vlugte is met die opgedateerde sagteware gedoen en die maatskappy is nou in gesprek met die VSA se Federale Lugvaartadministrasie (FAA) om verdere besonderhede bekend te maak, alvorens hy ʼn toetsvlug vir sertifisering kan skeduleer.

“Veiligheid is ons hoogste prioriteit. Ons het al die ingenieurstoetsvlugte wat verband hou met die opgradering van sagteware afgehandel en berei voor vir die laaste sertifiseringsvlug,” het Dennis Muilenbur, voorsitter van Boeing, in ʼn verklaring gesê.

“Ons is daartoe verbind om aan die FAA en internasionale reguleerders al die inligting te verskaf wat hulle benodig. Ons wil dit reg doen. Ons maak stadigaan goeie vordering en is vol vertroue dat die 737 Max, met bygewerkte MCAS-sagteware, een van die veiligste vliegtuie ooit gaan wees. Die ongelukke het net ons verbintenis tot ons waardes van veiligheid, gehalte en integriteit versterk, want ons weet lewens hang af van wat ons doen.”

MCAS, oftewel die Maneuvering Characteristics Augmentation System, is ʼn vlugbeheerstelsel wat moet help keer dat die vliegtuig outomaties duik as van die sensors verkeerde data uitstuur.

ʼn Verbod is op alle 737 Max-vliegtuie geplaas ná twee dodelike ongelukke binne net ʼn paar maande. In Oktober verlede jaar is 189 mense dood toe ʼn vliegtuig van Lion Air in Indonesië neergestort het en in Maart is 157 mense dood toe ʼn vliegtuig van Ethiopian Airlines geval het kort nadat dit opgestyg het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sieg ·

Daar is soveel onreëlmatigheid met die vliegtuig gevind toe dit gebou is ek sal nie met een vlieg nie. Die vliegtuig sal ek nie maklik weer vertrou nie.

Ben ·

Een van die grootste foute wat sagteware ontwikkelaars maak is om die mens se besluit uit te skakel (“overide”) en dan op sensors staatmaak. Die mens moet die finale besluit hê en “AI” moet net vir inligting daar wees. Wat Boeing moes doen was om die aktiewe gedeelte van MCAS te vervang met waarskuwing lig of vertoon maar nie die loods probeer vervang nie.

JAN ·

Juslaaik dis mos net wat ons nodig het vir ANC Min super Stall passasiers vliegtuig.
Boeing gee hoop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.