Oppasser gevonnis ná skokvideo oor mishandeling

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Jolly Tumuhiirwe (22) van Uganda wat ʼn kleuter baie erg aangerand het, is in ʼn hof in Kampala gevonnis. Beeldmateriaal van die voorval het wêreldwyd ʼn opskudding veroorsaak.

Tumuhiirwe het die 18 maande oue kind geslaan, geskop en op haar gestaan. Die hof in Kampala het haar tot vier jaar tronkstraf gevonnis, berig BBC.

Sy het Vrydag aan die hof gesê die aanval was uit weerwraak nadat die kind se ma haar aangerand het. Die ma het alle bewerings ontken.

Maroela Media het vroeër berig die kind se pa het die kamera in die geheim opgestel nadat hy opgemerk het sy kind het kneusplekke en loop mank. Klik hier om skermskote uit die video te sien. WAARSKUWING: Die beeldmateriaal is skokkend van aard en kan sensitiewe kykers ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Willie ·

Jou kommentaar word gemodereer.

Maroela, wat is julle probleem met my kommentaar?

Heinrich ·

I don’t think this case would have progressed to sentencing. I would have been in court for murder.

The sentence is way to light.

lillian ·

As sy my kind so aangerand het, was ek nou in die trunk vir haar moord, want sy sou nie my aanranding oorleef het om haar kant van die saak te stel nie! Gemors, sy moet gehang word!

lillian ·

As sy my kind so aangerand het, was ek nou in die tronk vir haar moord, want sy sou nie my aanranding oorleef het om haar kant van die saak te stel nie! Gemors, sy moet gehang word!

Felicity ·

Dis belaglik dat iemand so maklik met so iets kan wegkom. Dis tyd dat die doodstraf moet intree. Kinderverkragters en kinderaanranders moet doodstraf kry.

Eish! ·

Eish, net 4 jaar! Kyk ek stem ek sou in die trunk toegesluit gewees het vir ‘n ewigheid want sy sou deur my vermoor word! Ek gaan sit met ‘n smile as ek klaar met die dame is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.