Oppasser wat baba gooi in hof

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Baba-oppasser wat op beeldmateriaal vasgevang is waar sy ʼn nege maande oue baba hardhandig in haar bababed neergooi, het Woensdag in die hof verskyn.

Nicolin Hoëses word van poging tot moord aangekla nadat sy op video vasgevang is waar sy vir klein Laila Theron by haar huis in Outjo, Namibië, hardhandig in haar bababed neergegooi en weer aan haar enkel uit die bed opgetel het.

Annemarie Theron, Laila se ma, het aan Maroela Media gesê sy was Woensdag in die hof toe Hoëses verskyn het. Volgens Theron is Hoëses op borgtog vrygelaat en sal sy op 28 Mei 2018 weer in die hof verskyn.

Johan, Annemarie en Laila Theron. Foto: Verskaf

Maroela Media het vroeër berig die beeldmateriaal, wat voorheen wyd op sosiale media versprei is, is vasgevang nadat Theron vermoed het alles is nie pluis wanneer Laila bedags by die huis opgepas word nie. Theron het vroeër aan Maroela Media gesê sy het rooi merke aan Laila se voete, nek en skouer opgemerk en dit het voorgekom asof Laila bang was om na Hoëses toe te gaan.

Theron en haar man het ʼn program op hul skootrekenaars afgelaai waarmee ʼn video gemaak kan word deur die skootrekenaar se kamera. Hulle het een van die rekenaars in die slaapkamer geplaas en die ander in die sitkamer.

Dit is toe dat die beeldmateriaal vasgevang is waarop gesien kan word hoe Laila hardhandig in haar bababed gegooi word en weer aan haar enkel uit die bed opgetel word. Theron het aan Maroela Media gesê op die res van die beeldmateriaal kan onder meer gehoor word hoe Laila se mond toegedruk word wanneer sy huil. Daar kan ook gesien word hoe sy hardhandig rondgeruk word wanneer haar doek omgeruil word.

Theron het ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak en Hoëses is in hegtenis geneem.

Kyk die video van die voorval hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Leahim ·

Het die anc en eff betoog by die hof oor die misdaad indien nie is die rede mos duidelik dat hulle rasiste is en dat misdaad nie die rede is vir die alewige betogings soos nou weer in Bronkhorstspruit nie.

Bianca ·

En hoekom tot volgende jaar Mei uitgestel????? Sy sal in ‘n jap trap weer werk kry en hoeveel ander kinders so behandel…

Hennie ·

Leahim onthou tog dat die ANC en EFF in Suid Afrika opereer en nie in Namibie nie.

Cherokee ·

Julle wat Leahim daarop wys dat dit in Suid-Wes Afrika plaasgevind het moet nie vergeet van die eff se gebraak oor Palestina en hul kritiek mbt Israel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.