Oproermakers gebruik blokkiesraaisels vir boodskappe

blokraaiselDelcy Rodriguez, Venezuela se minister van inligting, het deur Twitter ‘n koerant in die nywerheidsdorp, Maracay, daarvan beskuldig dat dit verskuilde subversiewe boodskappe deur blokkiesraaisels na die opstandelinge stuur.

Minstens 35 mense het al in die onluste omgekom wat sedert November verlede jaar in Venezuela voorkom. In Maracay het nog net een persoon gesterf. Rodriguez het aangekondig dat die manier om die ondermynende boodskappe te versprei, ondersoek gaan word.

Dit is nie nuut vir die sosialistiese regering wat reeds byna met alle onafhanklike media klaargespeel het, om blokkiesraaisels van subversiewe metodes te beskuldig nie. In 2012 is die land se grootste nasionale koerant, Ultimas Noticias, daarvan beskuldig dat dit subversiewe boodskappe plant om die destydse president, Hugo Chavez, te vermoor. Chavez is ‘n jaar later aan kanker oorlede.

Bron: Bloomberg News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.