Opskorting van Britse parlement was onwettig, beslis hof

Boris Johnson. Foto: (AP Photo/Mark Lennihan)

Brittanje se hoogste hof het Dinsdag gelas dat eerste minister Boris Johnson se besluit om die parlement vir vyf weke op te skort, onwettig is.

Die eenparige beslissing is spoedig deur Johnson gekritiseer terwyl opposisieleiers geëis het dat hy bedank. Johnson en die parlement stamp sedert sy aanstelling in Julie koppe terwyl daar besluit moet word of Brittanje die Europese Unie op 31 Oktober met of sonder ʼn ooreenkoms gaan verlaat.

“Ek verskil sterk van hierdie beslissing. Ek het die grootste respek vir ons regbank, maar ek dink nie dit was die regte besluit nie,” het Johnson in New York gesê, waar hy die VN se algemene vergadering bygewoon het.

“Soos die wet tans daar uitsien, verlaat die Verenigde Koninkryk die EU op 31 Oktober, ongeag wat gebeur, maar die opwindende ding vir ons is nou om ʼn goeie ooreenkoms te kry. Dit is waaraan ons werk,” het Johnson gesê. “En om eerlik te wees, dit word nie makliker gemaak deur hierdie soort dinge in die parlement of in die howe nie.”

Die parlement sal Woensdagoggend sy verrigtinge hervat. Johnson sal vanaand nog terugvlieg Londen toe.

In Engeland, wat nie ʼn geskrewe grondwet het nie, was die saak ʼn seldsame konfrontasie tussen die premier, die howe en die parlement oor hul regte en verantwoordelikhede. Dit het gehandel oor die vraag of Johnson wettig opgetree het toe hy koningin Elizabeth II aangeraai het om die parlement vir vyf weke op te skort tydens ʼn kritieke tydperk voor die Brexit-sperdatum.

Die hoogste hof se president, Brenda Hale, het gesê die opskorting van die parlement was “onwettig omdat dit die vermoë van die parlement om sy grondwetlike funksies uit te voer, gestrem het sonder redelike regverdiging”.

Die hof het die bewerings van die regering verwerp dat die besluit om die parlement tot 14 Oktober op te skort net roetine was en nie met Brexit verband gehou het nie. Regeringsadvokate het beweer dat dit onder Brittanje se ongeskrewe grondwet vir politici was om te besluit en nie die howe nie.

Teenstanders van die regering het aangevoer dat Johnson die parlement onwettig opgeskort het, net weke voor Brexit, vir die ongeoorloofde doel om wetgewers se kritiek rakende sy Brexit-planne te ontduik. Johnson is ook daarvan beskuldig dat hy die koningin mislei het, wie se formele goedkeuring nodig was om die parlement op te skort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Waarheid ·

Ek kan nie wag dat die Briite moet val nie.
Hulle was nog nooit gestraf vir die skade wat hulle hier berokken het nie.

jaco ·

wanneer word Duitsland en Japan dan vir hulle menseregtevergrype tydens die Tweede Wêreldoorlog gestraf?

Johan ·

Interresant hoe die linkses altyd oral hulle sin kry, al is dit altyd ten koste van n beter uiteinde en dít om punte te wen in die oë van ander linkses. Idiote.

Stephan de S ·

@Waarheid……wat gaan gebeur as jou eie oortredings aan jouself toegereken gaan word? Was dit nie reeds aan n sekere PERSOON toegereken nie?

mini ·

duitsland het eers so paar jaat terug sy laaste skuld betaal van die oorlog……1939 tot1945, en tog het hull uitgstyg…. miskien omdat hul leiers geleerde mense met regte egte matriek en grade het…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.