Opslagkoeël tref man wat gordeldier skiet

Argieffoto van 'n gordeldier (Florida, VSA) Foto: http://www.birdphotos.com via Wikimedia Commons

Argieffoto van ‘n gordeldier (Florida, VSA) Foto: http://www.birdphotos.com via Wikimedia Commons

ʼn Man van Texas in Amerika is beseer nadat ʼn koeël, wat hy op ʼn gordeldier gevuur het, teen die dier opgeslaan en die man in die kop getref het.

Die voorval het in Marietta plaasgevind. Drie skote is gevuur waarvan minstens een teen die dier se dop gebons het.

Die man is vir ʼn geringe kaakbesering behandel, berig die USA Today. Die gordeldier het verdwyn en dit is nie duidelik of hy beseer is nie.

Sheriff Larry Rowe het aan Reuters gesê die man het Donderdagoggend vroeg op die gordeldier geskiet toe hy hom op sy eiendom gewaar het. “Hy is na buite en het sy .38-rewolwer geneem en drie keer op die dier gevuur,” het hy gesê.

“Karmadillo!” het die komediant en diereregte-aktivis, Ricky Gervais, op Twitter geskryf, ʼn woordspeling op “armadillo”, soos die dier in Engels genoem word.

Lees meer: USA Today, The Guardian

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Winston ·

Hy het oorgekom wat hy kortgekom het! Vir wat skiet jy op so n dier? Lekker man… lekker!

PIXIE ·

TRIGGER HAPPY! Kry vir jou! Wat het die arme dier aan jou gedoen? Hulle is aan die uit- sterwe en jy was vervelig en het niks anders om te doen nie.
Sies vir jou!

Paul ·

Dasypus novemcinctus is die enigste gordeldier wat in Texas voorkom. Dit is glad nie “aan die uitsterwe” nie. Op IUCN se lys is hulle op “least concern”.
Dit word in Texas algemeen as ‘n verpesting beskou. (Of dit reg is om dit so te beskou of nie – ek gee maar net die feite.)

George ·

Ja, die blinde sambok het sy werk gedoen. As ‘n mens nie wil hoor nie moet jy voel.

Jaco Grobler ·

Het julle geweet daardie diere word as ‘n pes beskou in sekere dele van die wereld, baie soos molle?

Eliza-beth ·

Jaco, Wat die mens as pes beskou is maar net omdat die mens die diere se habitat inneem en dan is hulle skielik ‘n “pes”. As jy dink aan bv ons goue mol wat amper totaal uitgeoei is en op die rooi data lys is, so ook die Natal se Rietrot – ek weet daar is mense wat hul as peste beskou het en dan sommer voor die voet uitgeroei het. Maar elke dier/plant is in die omgewing vir ‘n doel. Roei een uit en ‘n ander neem oor en dan is daar wanbalans en probleme!Die mens self en sy aksies is gewoonlik die natuur se grootste probleem!

Pierre Celliers ·

Hoor hoor! Elizabeth, jy’s ‘n mens so na my hart!!!

Jaco Grobler ·

Nee, nog nie by my nodig gewees nie, ek doen wel vliee, miere, muskiete en hase, so wat is die verskil ? Daar waar julle huise staan was dit eers ook bos met wilde diere, maar ek sou nou nie verwag dat jy moes trek, of jou deure oopgooi vir al wat ‘n gedierte/insek is nie, maar gaan voort as jy wil. Peste gaan oor balans, te veel van iets en dit raak ongewens en moet beheer word. Ek bly in ‘n landelike gebied en daar is 1000 ‘e hektare wat die hase kan bewei, maar hulle verwoes my groente, ‘n pes? Beslis. Mens het net soveel reg op aarde soos dier, en as my groentetuin die oorsaak is dat daar meer hase in my omgewing is as wat in enige natuurlike area voorkom, sien ek dit as my verantwoordelikheid om daardie getalle te beheer, dis dit of julle kry nie meer groente op die supermarkrakke nie, kies self….

Rex de Koning ·

Ek aanvaar hy was bewus waarna hy geskiet het, want ‘n vuurwapen eienaar het tog ‘n verantwoordelikheid voordat hy/sy dit afvuur. Nou ja in die geval dan, het ek geen simpatie met hom nie, hy kon ten miste mediese behandeling kry, maar wat van die arme dier wat moontlik ‘n stadige dood tegemoet gaan?

theresa ·

Wat ‘n verrassing vir die skut!! Seker sy asem weggeskrik vir sy eie mannewales!
Wel, mens kan nou aan nuwe entrepeneurskap vorm gee – armadillo onderklere in Suid-Afrika. Mag nie blinkgoed dra nie – dan ruk “mense” jou oor af of byt jou vinger af. Maar dié ondergoedjies kan dalk lewens red… iets met die naam soos Arma clothing, of Dilla frokkies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.