
Argieffoto van ‘n gordeldier (Florida, VSA) Foto: http://www.birdphotos.com via Wikimedia Commons
ʼn Man van Texas in Amerika is beseer nadat ʼn koeël, wat hy op ʼn gordeldier gevuur het, teen die dier opgeslaan en die man in die kop getref het.
Die voorval het in Marietta plaasgevind. Drie skote is gevuur waarvan minstens een teen die dier se dop gebons het.
Die man is vir ʼn geringe kaakbesering behandel, berig die USA Today. Die gordeldier het verdwyn en dit is nie duidelik of hy beseer is nie.
Sheriff Larry Rowe het aan Reuters gesê die man het Donderdagoggend vroeg op die gordeldier geskiet toe hy hom op sy eiendom gewaar het. “Hy is na buite en het sy .38-rewolwer geneem en drie keer op die dier gevuur,” het hy gesê.
“Karmadillo!” het die komediant en diereregte-aktivis, Ricky Gervais, op Twitter geskryf, ʼn woordspeling op “armadillo”, soos die dier in Engels genoem word.
Lees meer: USA Today, The Guardian
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
Bwhaaaaha!!! Briljant!!! Justice soos hulle se.
Goed so!
Hy het oorgekom wat hy kortgekom het! Vir wat skiet jy op so n dier? Lekker man… lekker!
Ja, die blinde sambok het sy werk gedoen. As ‘n mens nie wil hoor nie moet jy voel.
Mooi skoot!