Orgaanskenking-aktivis sterf ure ná baba se geboorte

Nathan en Megan Johnson kort na baba Eilee Kate se geboorte. Foto: GoFundMe

ʼn Vrou van Nashville, Tennessee, wat voorheen ʼn hartoorplanting oorleef het, is vandeesweek dood ure nadat haar babadogtertjie gebore is.

CNN berig Nathan en Megan Johnson se eersteling, baba Eilee Kate, is Dinsdag net voor 03:00 gebore. Die geboorte het glad verloop en die ouers was verheug om hul babadogtertjie te kon vashou. ʼn Paar uur later het die 31-jarige Megan se toestand egter versleg en sy is ongeveer agt uur ná Eilee se geboorte dood.

Dit is nog nie duidelik wat die oorsaak van Megan se dood was nie.

Megan is op 15-jarige ouderdom met ʼn hartkwaal genaamd miokarditis gediagnoseer en moes op 23-jarige ouderdom ʼn hartoorplanting kry nadat sy aan hartversaking gely het. Ná haar hartoorplanting het Megan verskeie media-onderhoude oor haar ervaring gedoen en bewusmaking rakende orgaanskenking geskep. Sy het ook ʼn boek genaamd Megan’s Heart geskryf.

Megan en Nathan is ʼn jaar ná haar hartoorplanting getroud.

Megan en Eilee Kate Johnson. Foto: Instagram

Nathan is ʼn Christenmusikant en nou ʼn enkelpa vir klein Eilee. Josh Wilson, ʼn vriend van Nathan, het ʼn skarefinansieringsprojek begin om Nathan finansieel te onderhou sodat hy vir ʼn paar maande na sy pasgebore babadogtertjie kan omsien sonder dat hy saam met sy musiekgroep hoef te toer en optredes te doen om ʼn inkomste te verdien.

“Nodeloos om te sê, Nathan is gebreek. Daar is nie woorde hiervoor nie, so ek sal nie veel meer sê nie. Wat ek weet, is: Nathan is ʼn wonderlike man en ʼn ongelooflike pa. Hy het sy dogter so baie lief,” het Wilson op die finansieringswebwerf geskryf.

Teen Saterdagmiddag was daar reeds meer as $372 000 (ongeveer R4,8 miljoen) vir Nathan en Eilee ingesamel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Luister ·

Baie hartseer. Bly sy kon darem haar baba sien, en vashou.

Susan ·

Dit is so so so hartseer. Mag die Here Sy Hande oor hul hou….

alison steyn ·

dit is so hartseer..bly baba kan eendag hierdie foto koestermmkan nie anders as om te dink syt normaal gekraam…tsv hart…kon hul nie eerser elektiewe epidurale keiser gedoen het nie??? baie minder stres op die liggaam mos..aijaijai

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.