Orkaan Dorian: Dodetal styg

Foto: (AP Photo/Gonzalo Gaudenzi)

Orkaan Dorian het stormsterk winde in die suidooste van die Amerikaanse deelstaat Massachusetts tot gevolg gehad terwyl dit besig is om in die rigting van Kanada te beweeg.

Die orkaan, wat reeds ʼn spoor van verwoesting in die Bahamas agtergelaat het, is nou ʼn kategorie 1-storm maar produseer steeds winde van tot 145 km/h. Dorian sal na verwagting later Saterdag orkaantoestande in Nova Scotia tot gevolg hê voordat dit ʼn post-tropiese sikloon word.

Die Bahamiaanse regering het intussen aangekondig die dodetal van orkaan Dorian het tot 43 gestyg en sal na verwagting verder styg soos soek- en reddingspanne nog liggame ontdek. Talle gemeenskappe is afgesluit nadat orkaan Dorian die noorde van die eiland vroeër die week met winde van tot 295 km/h getref het.

Volgens die Verenigde Nasies benodig tot soveel as 76 000 mense humanitêre bystand. Daar word verwag dat die skade wat aangerig is tot R7 miljard kan beloop.

Vier sterftes in Florida en Noord-Carolina word ook aan die orkaan toegeskryf. Die goewerneur van Noord-Carolina, Roy Cooper, het gesê daar word tans gepoog om die omvang van die skade te bepaal terwyl daar voorrade na die gebiede geneem word wat dit benodig. Inwoners van verskeie streke in Suid-Carolina kan intussen begin terugkeer na hul huise.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Keuse ·

Ek wonder wat sou die mense, wat so deurgeloop tydens die orkaan kies, skade aangerig deur ‘n orkaan buite hulle beheer – of betogings en moord deur mense wat wetteloos lewe.

Mic ·

Al hierdie natuurrampe is tekens dat Jesus se koms voor die deur is.

John ·

Suid-Afrikaners is seker die ondankbaarste mense op aarde. Soveel plekke ervaar groot rampe wat jare en soms vir ewig neem om te herstel of te verwerk. Ons spul skreeu en moor en gooi ons duur speelgoed uit die pram. Nee, nee… nog, nog… aai hoe swaar en hoe min… Ons troef die Vader se geduld.

Lena Jonk ·

Stem saam met jou John, die mense dink wat nou gebeur is in mense se hande om dit te reguleer, dat hulle liewer hul oe en harte oopmaak, God laat Hom nie bespot nie. Dis hoekom alles nou gebeur dis n stem wat praat. Die wat wil spot met God, doen dit maar onthou net die Woord se daar sal n gekerm en gekners van tande wees, mag ons wat aan Hom vashou nie dit beleef nie. Wat n verloregaande mensdom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.