Orkaan Dorian laat spoor van verwoesting

Emerald Isle, Noord-Carolina (5 September 2019) (Foto: AP Photo/Tom Copeland)

Minstens 20 persone is in die Bahamas dood en 200 000 huise aan die Carolina-kus in die VSA is Donderdag sonder elektrisiteit gelaat weens Orkaan Dorian.

Dorian het Woensdag Florida getref, oornag verby Georgia beweeg en daarna verwoesting begin saai in Suid-Carolina. Die storm het vlugtig tot ʼn kategorie 3-orkaan verstewig en daarna verswak tot ʼn kategorie 2-storm met winde van tot 177 km/h. Honderde kilometer van kuslyn word steeds bedreig.

“Gaan na veiligheid en bly daar,” het Roy Cooper, goewerneur van Noord-Carolina, gesê.

Ongeveer 3 miljoen mense in Florida, Georgia en die Carolinas is gewaarsku om te ontruim. Skepe van die Amerikaanse vloot is beveel om op die see te bly en weermagvliegtuie is na die binneland geskuif.

Minstens twee sterftes is in Florida en Noord-Carolina aangemeld, albei mans wat geval het toe hulle gereedgemaak het vir die storm.

Dorian het die Bahamas met kategorie 5-winde getref (tot 295 km/h). Woonbuurte is verwoes en dit het tot ʼn humanitêre krisis gelei.

Ongeveer 830 000 persone is verplig om te ontruim aan Suid-Carolina se kus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Eunice ·

Dis VERSKRIKLIK om te sien!
Woorde ontbreek my,my hart bloei, vir dié mense wat geraak is…

Leon ·

Die Amerikaners het verskriklik baie “trailer parks” waar vervoerbare huise is. Die huise is van hout, omdat hout verskriklik goedkoop in die VSA is. “n Houthuis kos ‘n paar duisend Dollar terwyl ‘n steen huis van ‘n miljoen Dollar op kos. Dit is hoekom hulle sulke skade het.
Ons is ook soontoe op pad met ons huis pryse wat so verskriklik styg.

hoeveelnog ·

nee kyk en so boy hulle net weer precast huise….kom aan julle kan seker stene maak…ek kan nie verstaan dat hulle die meeste orkane rampe kry nie en dan nie kan dink om te ontruim nie en ook nie om vir hulle beter huise te bou nie…nee hel man….stekte did baie hartseer om so mooi plekke te sien ten gronde gaan darem natuur en nie die anderste wat brand en breek nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.