[Foto’s] Orkaan Matthew eis ook lewens in VSA

ʼn Boom wat op kragdrade geval het op ʼn pad in St Simons Island, Georgia (8 Oktober 2016). Foto: AP/David Goldman

ʼn Boom wat op kragdrade geval het op ʼn pad in St Simons Island, Georgia (8 Oktober 2016). Foto: AP/David Goldman

Matthew het Sondag sy orkaanstatus verloor toe dit terug in die oseaan beweeg het en afgegradeer is tot ʼn post-tropiese sikloon, maar nie voordat dit minstens 10 lewens in die VSA geëis het nie.

Die storm het swaar reën in Noord-Carolina gebring wat veroorsaak het dat huise en besighede tot 160 km van die kus af onder vloedwater deurgeloop het. Talle mense moes ook uit hul motors gered word nadat hulle in kitsvloede vasgevang is.

Matthew het ook meer as 500 sterftes in Haiti veroorsaak. Reuters het vroeër berig die amptelike dodetal is 842, maar die presiese getal kon nog nie bevestig word nie aangesien reddingsoperasies steeds aan die gang is en talle afgeleë gebiede nog van die res van die land afgesny is.

Owerhede in die VSA het Saterdagaand mense gewaarsku om van die paaie af te bly totdat die storm finaal opgeklaar het. ʼn Omvattende beraming van die skade wat deur Matthew aangerig is, sal waarskynlik eers in die komende weke beskikbaar wees.

Brian Johns word deur vloedwater getref terwyl hy ʼn video probeer neem in Daytona Beach, Florida (7 Oktober 2016). Foto: AP/Eric Gay

Brian Johns word deur vloedwater getref terwyl hy ʼn video probeer neem in Daytona Beach, Florida (7 Oktober 2016). Foto: AP/Eric Gay

Teen 08:00 Sondag was die oog van die storm ongeveer 95 km suidoos van Cape Hatteras in Noord-Carolina en het die windspoed tot 120 km/h verminder. Weervoorspellers het gesê nog reën word in Noord-Carolina en Virginia verwag en dat nog vloede ʼn sterk moontlikheid is.

In Brunswick in Noord-Carolina moes ongeveer 100 gaste ʼn hotel ontruim omdat die mure op die punt was om ineen te stort. Ongeveer twee miljoen mense in die suidoostelike deel van die land het hul huise ontruim nadat hulle gewaarsku is dat Matthew op pad is. Derduisende mense sit steeds sonder elektrisiteit weens die storm.

In Florida is vier sterfgevalle aangemeld, drie in Georgia en drie in Noord-Carolina wat almal aan Matthew toegeskryf word. Dit sluit in ʼn bejaarde egpaar van Florida wat gesterf het weens koolstofmonoksied-inaseming nadat hulle ʼn kragopwekker in hul motorhuis aangesit het. Twee vroue is ook dood nadat bome op ʼn huis en ʼn karavaan geval het.

Die eiendomsdata-maatskappy CoreLogic voorspel dat versekeringseise van tussen $4 miljard en $6 miljard ingedien sal word weens die skade aan huise en kommersiële eiendomme.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

elbie kotze ·

kom ons bid vir hulle daar hulle het ons gebede so nodig

Sum ·

@Elbie- glo my daai storms en vloede is nie naastenby so erg soos die anc en da tragedie nie…, nie naastenby so erg soos ons media nie…, nie naastenby so erg soos ons moord, verkragting en roof statistieke nie… nie naastenby so erg soos die land se onbekwaamheid, onvermoe, ruggraadloosheid en korrubsie nie…, nie naastenby so erg soos die droogtes wat die land tref nie agv goddeloosheid nie…, nie naastenby so pateties soos die wit mens se verval in dwaasheid nie. BID VIR SUID-AFRIKA!!!!!!!!!!!!!!!!!! asb

Snuffels ·

Hulle het orkane, Asie het tsunamies…ons, ons het die anc!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.