Orlando-massaskietery was ‘terreurdaad’

Amerikaanse vlae hang halfstok ter herinnering aan die slagoffers. foto: AP Photo/Andres Kudacki

Amerikaanse vlae hang halfstok ter herinnering aan die slagoffers. foto: AP Photo/Andres Kudacki

Pres. Barack Obama het die massaskietery by ʼn Florida-nagklub waarin minstens 50 mense dood en 53 beseer is as ʼn “terreurdaad” en ʼn “haatmisdaad” beskryf.

Die Islamitiese Staat (Isis, ook bekend as IS) het intussen verantwoordelikheid aanvaar vir die voorval by die Pulse-nagklub in Orlando. Dit is die dodelikste terreuraanval sedert die 11 September-aanvalle in 2001.

Die skieter, Omar Mateen van Port St. Lucie, is dood in die nagklub aangetref ná ʼn skietgeveg met die polisie. Mateen is sowat drie uur ná die skietery begin het dood. “Dit blyk dat hy goed voorberei en georganiseerd was,” het John Mina, Orlando se polisiehoof, gesê.

Obama het die voorval beskryf as “die dodelikste skietery in Amerikaanse geskiedenis” en die land se burgers daaraan herinner hoe maklik “dit vir iemand is om ʼn wapen in die hande te kry”. Volgens Obama is die feit dat hy nie strenger wapenwetgewing teweeg kon bring nie “een van die grootste frustrasies” van sy presidentskap.

Sitora Yusufiy. Foto: Autumn Parry/Boulder Daily Camera via AP

Sitora Yusufiy. Foto: Autumn Parry/Boulder Daily Camera via AP

Sitora Yusufiy, Mateen se eksvrou, het intussen gesê hy was gewelddadig en “geestelik onstabiel” tydens hul huwelik. Volgens Yusufiy het sy en Mateen aanlyn ontmoet en is in 2009 getroud. Hulle was net vier maande bymekaar, maar is eers amptelik in 2011 geskei. Volgens Yusufiy het hy haar gyselaar gehou en moes haar familie haar van hom red.

Mina Justice, wie se seun Eddie in die skietery gesterf het, het intussen teksboodskappe wat haar seun vir haar gestuur het aan die media beskikbaar gestel. “Mamma, ek is lief vir jou,” het die eerste boodskap gelees. Eddie het hierna vir sy ma gesê hy is in ʼn badkamer in die nagklub vasgekeer en dat sy die polisie moet ontbied. Hy het hierna gesê die skieter is in die badkamer en dat hy “gaan doodgaan”. Justice het nie hierna weer van haar seun gehoor nie.

Honderde nagwake is intussen Sondagaand oor die hele Amerika gehou ter herinnering aan die slagoffers.

Lees vorige berigte oor die Orlando-massaskietery op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

christine ·

Dis verskrikik. Amerika moenie toelaat dat hulle ontwapen word nie. Kyk na ons al die wettige eienaars is nie die hoof skieters nie die met onwettige wapens is. Donald Trump is glad nie n slegte idee nie.

Piet Piper ·

Trump vir President…….sommer in S.A. ook. Hy die enigste politikus wat nie skroom om die waarheid te praat, maar ongelukkig is daar geen plek meer vir die waarheid in die wereld-media en wereld politiek.

gatiep ·

Binnekort gaan hulle seker se dit is Trump se skuld,want hy maak isis kwaad?

Will i am ·

Ons is die grootste kontinent. Sal mos nie by ons gebeur nie

Chris ·

In Amerika noem hulle dit terreur. Dan is die skieter een ou. In ons land as dit n plaas aanval was en n klomp moordenaars is betrokke met AK 47 gewere, noem die owerheid dit misdaad.

johann cb ·

Ons kan gerus ag slaan op die Buiteland se waarskuwings teen terreuraanvalle. Ons is almal kwesbaar en nêrens veilig nie.

Grap ·

En Obama volg self die muslim geloof sal wil sien wat hy nou doen ek weet wat Donald Trump sou gedoen het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.